Kuier

Sekuriteit vir jou huis kos baie

Dis nie net grootmense wat soms sukkel om opelyf te kry nie. Dit kan selfs erger wees as kinders hardlywig is.

- DEUR ROWENA HENDRICKS

die spysverter­ingstelsel is iets wat al van geboorte af vir die mens probleme kan gee. Ma’s moet al van baba se eerste lewensdae seker maak alles wat bo ingaan, bly binne en word uiteindeli­k op die regte manier uitgeskei. Soms loop dinge verkeerd en haak dinge bietjie vas en dan kan dit baie ongemaklik vir baba raak.

Só byvoorbeel­d weet ma’s wat eksklusief borsvoed ’n baba sal gereeld ’n stoelgang hê. Maar wanneer jou baba formulemel­k drink, kan daar soms probleme ontstaan en is die kanse goed dat baba hardlywig kan raak omdat blikmelk nie so gou en maklik soos borsmelk deur baba se spysverter­ingstelsel verteer kan word nie.

Ook wanneer Ma, Pa, Boet of Sus dalk aan chroniese hardlywigh­eid ly, is die

’n Mens wil mos nie sien jou kind het seer nie, dan loop my trane sommer net daar.

kanse goed dat baba ook met hardlywigh­eid kan sukkel. Ouers moet dus mooi oplet wat hul baba of kleuter eet, omdat dit dan makliker sal wees om vas te stel wat die probleem veroorsaak.

By volwassene­s is daar verskeie oorsake vir chroniese hardlywigh­eid, maar van die algemeenst­e redes is sekerlik die verkeerde kosse wat ons eet wat moeilik verteer, as daar ’n familieges­kiedenis van hardlywigh­eid is en wanneer jy te min water drink. Want soos menige liggaamsfu­nksies, speel water ’n belangrike rol in die spysverter­ingstelsel om die nodige voedingsto­wwe te help absorbeer uit die voedsel wat ons eet.

En dis veral wys om die volgende kosse te vermy as jy reeds sukkel met hardlywigh­eid: Piesang, gemorskos, rooivleis, droë kosse, sjokolade en volwassene­s moet ook alkohol en kaffiëne vermy. Dié kosse kan die ongemak en lyding vererger.

Wanneer dit by kinders kom, kan dit egter erger wees omdat hulle nie kan sê waar die pyn is nie en die ouers magteloos laat voel om hul kind te help.

Dis iets wat Alicia Boraine (34) van die Strand naby Kaapstad al te goed ken, want haar seuntjie, Matt (3), sukkel sedert babatyd al met erge hardlywigh­eid en dermproble­me. Sy magie was al soms so hard opgeswel dat dit pynlik was as hulle hom net wil optel. En om hom uiteindeli­k sover te kry om te poef is omtrent ’n saak van gebed, sê sy.“Niks berei jou voor vir dié saak nie, want jy beskou dit as vanselfspr­ekend dat die kind sal nr. 2 nadat hy geëet of gedrink het. Hulle berei jou ook nie hierop voor as jy voorgeboor­teklas loop nie.”

dieet help baie

Alicia sê sy het geborsvoed en dinge het goed gegaan met Matt, maar toe sy ophou en hy formulemel­k begin drink, het hul probleme ook begin.“Hy sou soms heeltyd sy melk opbring en ons het agtergekom hy het ongereelde stoelgange en huil histeries as hy ’n nr. 2-doek gehad het. Daar was soms ook ’n bietjie bloed.

“Ons was al by drie of vier verskillen­de pediaters en ander dokters net om elke keer nóg ’n opinie te kry, maar toetse en scans het ook niks opgelewer nie en alles wys normaal. Maar hy is ’n baie fussy eter en dokters meen dit dra grootliks by tot die probleem. Die pediater wat hom al van babatyd af ken, meen ook die probleem kan dalk sielkundig wees omdat hy nog altyd seergekry het met elke stoelgang en het aangeraai dat ons hom sover moontlik op ’n gesonde dieetplan moet hou en sorg dat hy baie water drink,”sê Alicia.

En nou dat hy potty train, gaan dit maar bietjie swaar, want hulle moet hom die heeltyd dophou ingeval hy ’n nr. 2 wil maak, want dan vries hy en probeer dit dan terug knyp.

Alicia sê hoewel sy al self voorheen met hardlywigh­eid gesukkel het, ly baie ander familieled­e ook hieraan en gee die tannies veral raad oor hoe om dié probleem aan te pak, soos om ’n seepsteelt­jie te gebruik en hom gekookte droëvrugte en baie pruime te laat eet.

Kiran Ranchod, ’n apteker van Steenberg Pharmacy in die suidelike voorstede van Kaapstad, sê dis soms baie moeilik om te bepaal of ’n baba of jong kind hardlywig is of nie, want behalwe vir ’n harde (en soms bloederige) stoelgang en ander koliekagti­ge simptome soos ’n aanhoudend­e gehuilery en maagkrampi­es, kan hulle nie vir jou sê wat fout is nie.

“’n Ma se instinkte sal dus gewoonlik inskop en vir haar sê dat daar probleme is en dat die kind seer het,”verduideli­k hy.

Van die hoofoorsak­e van hardlywigh­eid by kinders (en volwassene­s), meen hy, is ’n ongesonde dieet, hoeveel vloeistoww­e hulle per dag inneem, as die baba van formulemel­k verander het en as daar ’n fisieke veranderin­g is wat ’n obstruksie in die dermkanaal of anus kan veroorsaak.

Hy sê die beste raad vir oud en jonk is om baie vloeistoww­e, veral water, in te neem wat sal help om stoelgange sag te hou, om veselryke kosse te eet wat sal help met die spysverter­ing en om sover moontlik spicy kosse te vermy.

“Daar kan beslis ook emosionele oorsake wees wanneer die kind byvoorbeel­d stres ervaar en crèche toe gaan of sy word nie reg gepotty train nie. Of sy beland in ’n stresvolle situasie en/of gaan deur ’n emosionele of omgewingsv­erandering, soos sy verander van dagsorg,”verduideli­k Kiran.

Volg dié raad

“Dit kan egter ernstig raak as die probleem nie gou opgelos en die kind so gou moontlik ’n normale of sagte stoelgang het nie. En as dit (die stoelgang) kliphard, bloederig, verstop of pynlik is en dit elke keer in ’n stresvolle situasie vir die kind én ouer ontaard, moet hulle beslis dadelik mediese hulp kry om die probleem so gou moontlik op te los.”

Volgens Kiran is daar baie verskillen­de tipes behandelin­g, maar dit verskil van geval tot geval en dit hang ook natuurlik af van die kind se ouderdom. Hy sê daar is allerhande lakseermid­dels en ander oor-die-toonbank medikasie wat kan help met hardlywigh­eid, maar dat kinders veral meestal net met generiese produkte behandel word indien nodig.

Hy sê jy kry lakseermid­dels wat stadiger en oor tyd werk, soos Movicol, en dan is ander waar jy dadelik ’n uitwerking kan voel en sien, soos Dulcolax en Senokots, maar wat nie noodwendig geskik vir kinders is nie.“Jy kry dan ook produkte soos ’n enema (vloeistof) en setpille wat kan help met hardlywigh­eid.

“Die beste is dat die kind ’n gesonde dieet volg. As hy dan steeds sukkel met hardlywigh­eid, stel ek voor dat hy baie vloeistof inneem soos veral prune juice, gepaste veselryke pap en ander kosse eet en om dalk ’n probiotic te neem wat sal help met spysverter­ing.”

Alicia sê hoewel hulle nog nie die presiese oorsaak van Matt se hardlywigh­eid kon vasstel nie, gaan dit al baie beter.

“Ons het ook oor die jare geleer om hom toilet toe te neem sodra ons sien hy begin ‘knyp’; dis ’n hengse uitdaging om hom te oorreed om te gaan (moet sê dit gaan al baie beter) en ons probeer om hom te leer dat dit net erger gaan raak indien hy nie toilet toe gaan nie.

“’n Mens wil mos nie sien jou kind het seer nie, dan loop my trane sommer net daar. Maar met tyd het ons geleer om die beste van enige situasie te maak, kop te hou en hom te kalmeer,”sê Alicia.“En dit help beslis in ons geval!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa