Kuier

Dié twee meisies lyk soos linge!

Dis algemeen vir mense om na mekaar te trek, maar dié twee meisies lyk só eenders, selfs hul pa’s raak deurmekaar.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Ons almal het al die woord“dubbelgang­er” gehoor, maar tensy iemand nie familie is nie, sal jy nie sommer verwag om jou dubbelgang­er of ewebeeld op straat raak te loop nie. Veral nie as jy in ag neem dat daar byna 7,5 biljoen mense op aarde is nie!

Dié verskynsel van dubbelgang­ers word egter ernstig opgeneem, soveel so dat daar navorsing in Australië hieroor gedoen is. In hul 2015-verslag het dié navorsers bevind daar is ’n sowat een uit 135 kans dat iemand iewers in die wêreld soos jy lyk, maar die kanse dat iemand al agt gesigseien­skappe met jou deel en identies soos jy lyk, is slegs een uit ’n triljoen, het www. scienceale­rt.com berig.

Nou kyk, ons by Kuier is nie navorsers nie, maar toe ons hoor van Jerine Hofmeester en Olivia McThomas, albei gr. 7leerders by Esselenpar­k Primêre Skool in Worcester in die Boland, wat só na mekaar lyk en daarna self ’n Whatsapp-foto van hulle saam gesien het, dink ons hulle is mekaar se dubbelgang­er. Hulle het dieselfde gelaatskle­ur; albei het dimples; dra hul hare dieselfde; albei dra bril; en hulle is boonop van 2012 af in dieselfde klas. Hulle is beslis nie identies nie, maar hulle lyk genoeg na mekaar om jou twee of drie keer te laat kyk. Die gemeenskap s koerant Worcester

Standard het eerste oor dié meisies berig, maar wanneer ’n mens vir Olivia (13) en Jerine (12) voor jou sien, kan jy sien hoekom Olivia se pa, Mario (46), hom misgis het met Jerine. Mario het Jerine vir Olivia aangesien toe hy sy dogter een middag by die skool gaan haal het.

“Ek het nie geweet hier is ’n kind by die skool wat soos Olivia lyk nie en tog is hulle van gr. 2 af in dieselfde klas. Ek het eendag vir Olivia by die skool kom haal. Ek roep toe na‘Olivia’, maar sy stap toe net aan. Dis toe wat ’n ander kind vir my sê,‘dis nie Olivia nie, dis Jerine!’.

“En toe ek hulle saam sien, wonder ek wat gaan hier aan? En ek het gedink wat gaan my vrou sê as sy hoor ek het nie my eie kind herken nie!”vertel Mario.

Die nUUS VERSPREI

Mario en Jerome Hofmeester (38), Jerine se pa, lag lekker wanneer hulle vertel nadat hul storie in die Worcester Standard verskyn het, het hulle dadelik boodskappe van vriende en familie gekry wat hulle geterg het en wou hoor of hulle nie“iewers ’n‘fout’gemaak het nie?”.

Albei mans sê nee, die ander een se kind is beslis nie syne uit ’n vorige verhouding of uit een of ander stomende nag wat hulle liefs van wil vergeet nie! Selfs hul vroue, Marjorie McThomas en Clarina Hofmeester, dink dis oulik dat Olivia en Jerine so erg na mekaar lyk.

“Ná die berig in die Standard was, het my neefs my gevra of ek nie ’n fout gemaak het nie? Maar daar is nie ’n manier nie!”sê Jerome laggend.

Mario sê Olivia is op 9 Februarie 2004 in Kimberley in die Noord-Kaap as een van ’n tweeling gebore, maar haar broer/suster het dit nie gemaak nie. Dit is hoekom Jerine se sterk ooreenkoms­te met Olivia hom op ’n dieper manier tref, want dit vat hom onwillekeu­rig terug na daardie hartseer tyd toe Olivia vroeggebor­e is en sy gesondheid­sprobleme ervaar het. Dit laat Mario nou ook wonder hoe Olivia se tweeling sou gelyk het.

“My vrou het baie probleme gehad met daardie swangerska­p. Ek was baie hartseer (toe Olivia se tweeling sterf) en ek het gewonder hoe dit sou gewees het as haar tweeling nog hier was. Ons het ook nooit geweet of dit ’n meisie of seun was nie. Boonop was Olivia vir drie maande in die hospitaal en ek en haar broer, Garnett (nou 14), moes meer as 200 km ry om haar by die hospitaal in Kimberley te besoek. Ons het soms in die kar geslaap, ”herleef Mario daardie tyd.

Op sy beurt sê Jerome, oorspronkl­ik van die plaas Paardekloo­f in die Witzenberg­streek in die Wes-Kaap, Jerine is op 14 Augustus 2004 in Worcester gebore.

 ??  ?? HOOFFOTO: Jerine Hofmeester (12; links) en Olivia McThomas (13; regs) lyk baie na mekaar, maar is glad nie familie nie. BO: Jerome Hofmeester (links) by sy dogter, Jerine (12), wat verbasend baie na Mario McThomas se dogter, Olivia (13), lyk.
HOOFFOTO: Jerine Hofmeester (12; links) en Olivia McThomas (13; regs) lyk baie na mekaar, maar is glad nie familie nie. BO: Jerome Hofmeester (links) by sy dogter, Jerine (12), wat verbasend baie na Mario McThomas se dogter, Olivia (13), lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa