Kuier

Kaapse vrou skryf vir Mills & Boon

Haar liefde vir stories en boeke was meer as net ’n stokperdji­e, want vandag is sy self ’n romanskryw­er.

- DEUR tarren-lee habelgaarn

om jou verbeeldin­g vlerke te gee en net vir ’n paar uur elke dag te ontvlug van die werklikhei­d . . . Dít is hoe menige jong meisies en huisvroue wat Mills & Boon al vir dekades lees, hulle inleef in karakters wat net op papier bestaan.

En of jy dit nou skelm gelees het of vandag nog boeke uitruil met vriende, hierdie warm, romantiese boekies het ’n toevlug geword in baie se lewens.

Op 24 is Therese Beharrie een van die jongste skrywers wat tans vir die bekende Mills & Boon – wat in Suid-Afrika versprei word deur Jonathan Ball Publishers – skryf en slegs een van drie Suid-Afrikaners wat deur hierdie gewilde en suksesvoll­e boekreeks talle mense se verbeeldin­g aangryp.

Boeke het van kleins af al ’n sentrale rol in Therese, wat van Bothasig in die noordelike voorstede van Kaapstad is, se lewe gespeel. As kind het sy nie baie vriende gehad nie. Sy was die laatlam- metjie in haar gesin met drie ouer susters wat almal besig was om deur verskillen­de fases van hul lewens te gaan en dit het haar met tye baie eensaam laat voel. Om die leemte in haar lewe te vul, het sy baie begin lees en het die karakters in die boeke wat sy gelees het, haar vriende geword. Dit is waar haar liefde vir stories vertel en boeke begin het.

Vandag is sy ’n talentvoll­e skrywer met ’n blink toekoms in die letterkund­e-wêreld, maar vir hierdie stil en skaam jongmeisie het haar drome nie sommer oornag waar geword nie.

Harde werk beloon

Therese, wat ’n BA-graad in tale aan die Universite­it van Stellenbos­ch het, het vroeg gedurende haar studies besef ’n beroep in akademie is nie iets waarvan sy baie sal hou nie. Sy het wel aanhoudend gedink aan haar begeerte om self ’n roman te publiseer.

Toe sy in 2014 ’n advertensi­e vir ’n skryfkompe­tisie,“So you think you can write”, sien, het sy gedink dit is haar kans wat uiteindeli­k kom, maar dit was nie so eenvoudig nie. Om in te skryf, moes sy een hoofstuk ingee. Sy het dit gedoen en só die top25 van dié internatio­nale kompetisie daardie jaar behaal.

Hoewel sy nie die wenner van die kompetisie was nie, het sy die oog van een van die redakteurs gevang.“Sy het my ná die kompetisie gekontak en vir my tips gegee. Sy het vir my gesê wat my stories kort en hoe ek dit kan verbeter. Sy wou hê dat ek meer op my karakters se interne konflik en emosies moes konsentree­r,”sê Therese.

“Ek was opgewonde en het na haar raad geluister. In 2015 het ek weer ingeskryf en haar raad toegepas, maar hierdie keer moes ek ’n volledige boek ingee.”

Therese het daardie jaar ook voltyds begin werk en was besig om haar troue te reël, maar tussendeur het sy elke tydjie wat sy kon afknyp, gebruik om te skryf.

“Ek het elke 15 minute gebruik wat ek kon om te skryf. Voor werk, in die aande en in my lunch-uur by die werk. Ek het daardie jaar die top50 in die kompetisie gehaal, en weer het ek van die redakteur gehoor. “Sy wou hê ek moes weer die volle boek aanstuur. Sy wou hê ons moes saam daaraan werk. Ek het dit aangestuur en terugvoeri­ng gekry dat daar ’n groot verskil in my werk is en dat hulle potensiaal sien. As ons saam daaraan kon werk, was daar ’n moontlikhe­id dat hulle dit sou publiseer.” Therese vertel dat sy die geleenthei­d met albei hande aangegryp het. Sy het intussen getrou en met haar man oor die geleenthei­d gesels. Sy wou dit haar alles gee en het besluit om in Oktober 2015 uit haar permanente pos as literêre resensent te bedank, sodat sy voltyds kon skryf. “My man kon sien ek was ongelukkig in my werk. Hy was nog altyd ondersteun­end en ons het saam besluit dat ek ’n jaar sou opoffer om te sien of enigiets daarvan sou kom. As ek ná ’n jaar nog niks met my skryfwerk kon doen nie, sou ek teruggaan werk toe,”sê sy. “My ouers is nie mense wat glo dat jy ’n loopbaan uit skryf kan maak nie. Om te skryf was volgens hulle nie ’n regte beroep nie, maar hulle was bly dat ek nog kontrakwer­k sou doen om geld te verdien, terwyl ek besig was om aan die boek te werk.” As pasgetroud­e was dit somtyds moeilik om tyd te maak vir haar man, maar sy moes leer hoe om haar skryfwerk en lewe te balanseer. Toe in Mei verlede jaar, ’n dag voor haar verjaardag, het sy uiteindeli­k die oproep ontvang waarvoor sy angstig gewag het. “Ek het ’n oproep van een van die redakteurs ontvang om te sê dat hulle van my storie hou en dat hulle dit gaan publiseer. Ek het rondgespri­ng en geskree. Ek kon dit nie glo nie. Ek kon nie glo dat my droom eindelik waar geword het nie. My familie het geweet ek werk aan ’n boek, maar niemand het geweet watter soort boek dit was nie. Ek het die aand van my verjaardag ’n ete gehou en daar vir almal vertel.

“Ek het hulle nie van die begin af vertel nie, want ek het gevoel dit is iets privaat en ek was nie seker of dit gaan uitwerk nie. Vir hulle was ’n beroep as skrywer nie ’n realiteit nie, maar toe ek vir hulle die nuus vertel, was my ouers en familie baie trots (op my). Ek dink dit het hulle wel eers regtig getref toe hulle uiteindeli­k met die boek in hulle hande staan.”

nie net seks nie

Sy voeg by dat mense nie altyd weet daar is ’n verskil tussen die boeke met baie seks en dié wat oor alle besonderhe­de behalwe die sekstonele geskryf is nie.

“Daar is ’n wanperseps­ie dat Mills & Boon-boeke net oor seks gaan, maar dit gaan oor meer as net dit. Die reeks waarvoor ek skryf, beskryf nie sekstonele nie. Dit beskryf alles voor en ná dit (seks), maar nie die toneel self nie. Dit is ’n bietjie meer konserwati­ef, maar ek kry steeds vriende en familieled­e wat lag en giggel wanneer hulle hoor waaroor ek skryf,”sê sy.

“Ek was nog altyd mal oor alle romantiese boekreekse. Ek het al die Sweet Valley High-boeke gelees, want ek moes eers wag voordat ek Mills & Boon kon lees. In baie coloured huise is dit amper soos ’n right of passage. Jy word gewoonlik gesê jy is nou oud genoeg en kan maar hierdie boeke begin lees,”lag sy.

Therese onthou die eerste keer toe sy ’n Mills & Boon-boek gelees het. Sy was met vakansie saam met haar familie en het al haar boeke wat sy saamgeneem het, klaar gelees. Sy het nog leesstof gesoek toe haar niggie vir haar ’n Mills & Boon-boek gee. Op 12 jaar was sy nog nie heeltemal oud genoeg vir hierdie reeks nie. Sy was wel nuuskierig en het vinnig deur die boek geblaai en onmiddelli­k daarvan gehou. Toe sy oud genoeg was om boeke uit die gedeelte van die biblioteek met dié boeke uit te neem, het sy onmiddelli­k die Mills & Boon-boeke gaan soek.

Therese sê alles wat in en rondom haar eie lewe gebeur, word dikwels as inspirasie vir ’n storie gebruik. Dit kan ’n gesprek tussen twee mense in die straat wees of stories wat haar vriende haar dalk vertel het. Sy gebruik ook name van haar gunsteling TV-karakters as inspirasie vir haar boeke.

Vir haar was dit ook baie belangrik om Suid-Afrika in haar boeke te verteenwoo­rdig en sy het bekende plekke soos Tafelberg, die Bo-Kaap en Robbeneila­nd in haar boek gebruik. Haar eerste boek,

The Tycoon’s Reluctant Cinderella, is ’n storie oor ’n verhouding tussen ’n werkgewer en werknemer. Dit is haar eerste van ses boeke en is onlangs uitgegee. Haar volgende boek, A marriage worth

saving, sal teen Junie vanjaar in Suid-Afrika beskikbaar wees en het ’n bruin meisie met donker krulhare soos Therese op die voorblad.“Hulle het nie gewoonlik so ’n vrou met krulhare en donker vel nie, maar ek wou hê meisies soos ek moes ook verteenwoo­rdig word. Ek is baie trots op hierdie voorblad en sien uit na die ander boeke.”

Oor die toekoms sê Therese sy is opgewonde, maar weet ook dat dit nou nie meer speletjies is nie. “Dit is nie meer ’n stokperdji­e nie, dit is nou my inkomste en ek sal baie hard moet werk om seker te maak dat dit ’n sukses is.”

 ??  ?? LINKS: Vuurwarm passie is gewoonlik die onderwerp van Mills & Boon-romans. REGS: Therese Beharrie wys trots haar eerste boek se voorblad.
LINKS: Vuurwarm passie is gewoonlik die onderwerp van Mills & Boon-romans. REGS: Therese Beharrie wys trots haar eerste boek se voorblad.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa