Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Dis baie lekker om terug in

Kuier- land0 hier by my eie mense te wees! Ek is baie dankbaar dat ek daar oorkant die waters kon wees om die jongste diva-tjie in ons familie te kon verwelkom, maar daai klas koue sal ek nooit as te nimmer aan gewoond raak nie!

Ek was ook nog skaars terug in die land, toe begin bars die politieke bomme. Julle, ek sien nog baie uitdagings op ons pad vorentoe. Maar ons moet net onthou hoeveel ons al oorkom het om weer moed te skep.

Dis beslis my gunsteling-tydskrif wat ek die meeste gemis het, maar dit was ’n baie lekker bederf om die vorige uitgawe soos ’n gewone leser te kon geniet!

Nee kyk, Pearston se mense kan met reg trots wees op Raylentia, want sy en die span het beslis gesorg vir ’n uitgawe uit die boonste gestoeltes. Maar laat ek praat oor dié uitgawe voor die plek opraak!

Dis ons Paasfees-uitgawe en julle kan nie die resepte mis nie. Die Boodskap en Getuienis is ook hoogtepunt­e, maar die een storie wat jou hart gaan ruk, is beslis die Ware Lewensdram­a (bladsy 16). Ek was self aangedaan toe ek Nazlie Manchest se verhaal lees. ’n Mens kan absoluut nie glo dat dit juis met háár moes gebeur nie! Dis so ironies en so hartseer, maar dis die lewe en dis ook my Kuier, want die storie is eintlik hoe sy aangegaan het ten spyte van die hartseer en nie net die tragedie nie.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa