Kuier

FACEBOOK

-

Welkom by die klub, Vinette (‘Dis mý jaar’, 5 April 2017). Jy is pragtig! Geniet jou senior-jare.

VERA SCHEEPERS

Dié tydskrif is tops! Baie dankie, julle. Dis iets wat ek en my ma elke maand deel. Die resepte en rate is bobaas! Weereens dankie.

SHIRL MOUTON

Ek het my Kuier vandag gekoop, maar ek weet nie waar om te begin nie. Baie dankie vir ’n puik tydskrif. Ek sal my Kuier vir niks verruil nie.

CARMEN CLAASSEN

Kuier, ek is ’n afleweraar en word omtrent amper geslaan oor dié tydskrif soos die mense opgewonde daaroor is. Dis iets goed vir my, want ek tel nie returns op nie. Dis 100% sold out in George en omliggende areas.

JOHANNES WITBOOI

My gunsteling-tydskrif! Toe Kuier inkom, het ek dadelik op die tydskrif verlief geraak. Ek moet hom elke tweede week koop. Dis vol lekker, goedkoop resepte, die kortverhal­e maak wat my soms so emosioneel maak, die Ware Lewensdram­as waar daar so baie uit geleer kan word, én die speletjies en wenke . . . Alles van Kuier is tops! Hooray Kuier, jy’s my nommer een tydskrif. God seën julle almal wat deel hê aan die puik tydskrif.

JEAN BARENDILLA

Suidooster is die verpersoon­liking van dit wat ons daagliks deurmaak. Ek het nog nooit so gehuil oor ’n sepiekarak­ter wat sterf nie (Koebaai, Jerome! 5 April 2017). Dit was ’n baie hartseer episode. Voorspoed Roampie met jou nuwe begin.

NORMA MATTHEWS

So hartseer oor die skielike heengaan van Tashnay Memphies (Sibbe se seëning, 5

April 2017). Sy het so stralend in Kuier gelyk. Mag jou siel in vrede rus, engelkind. Mag God met jou ma en broer wees in hul tyd van rou. Mag God hulle in die holte van Sy hand hou, want Hy is naby die gebrokenes.

RUBY UNTHANK

Ons het die volgende vraag op Facebook gevra: Sal jy jou werk opgee waar jy genoeg verdien elke maand vir ’n werk waar jy minder verdien, maar wat jou gelukkiger maak? Só het ons lesers geantwoord:

Definitief! Dis wat ek gedoen het. Ek verdien nou baie minder, maar is baie meer gelukkiger waar ek nou is. Dis vir my ’n plesier om elke dag werk toe te kom.

JO-ANNE JANSEN

Ek het ’n baie goeie salaris verdien, maar almal het my misbruik en ek was baie ongelukkig. Maar nou dat ek vir minder geld werk, is ek op my gelukkigst­e en ek slaap en eet beter. Geld is nie alles nie. Ek is baie gelukkig nou en my base dra my op hul hande.

YOLANDA JOSEPH

Ek het my werk gelos om na my ouma om te sien, want sy het my grootgemaa­k en vandag pluk ek die vrugte. Ek hoef nie eens te werk nie. God is altyd goed.

SALOMIE LEAH ABRAHAMS

Ek is tans in die situasie waar ek sterk voel om so ’n skuif te maak, maar my wederhelft­e glo ek gaan die fout van my lewe maak. So nou is ek in twee geskeur. Ons as vroue is mos geneig om die gesin se belange voor ons eie te plaas. So ja, ek plak maar ’n smile op my gesig, sit my vinger op my lip en gaan werk. Maar ek weet nie vir hoe lank ek nog sal kan pretend nie.

CHARLENE VAN DER MERWEJOSEP­HS

Ek het ook twee jaar terug by ’n ander plek begin werk vir minder geld, omdat ek baie unhappy by my vorige werk was. Daar was elke maand vir my belowe dat hulle my pay gaan verhoog, maar dit het nooit gebeur nie. Ek het toe ná vier maande my werk gelos en by die huis gebly op soek na ander werk. My nuwe base pay ook beter. God het my hart gesien en my ’n deur vir my oopgemaak.

ANDRE MAQUASSA

Ek het daardie keuse in 2014 gemaak en vandag is ek nie eens ’n bietjie spyt nie, want hoewel ek minder verdien het, het ek meer tyd vir myself en my gesin. Soos die jare aangestap het, het my salaris ook vermeerder. Ja, elke werk het sy ups and downs, maar ek is nou baie gelukkiger as wat ek was.

MARELIZE ALBANIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa