Kuier

Wenke wat werk

Hier is raad vir jou kunstande, lae bloeddruk en sooibrand, én handige wenke met aartappel.

-

Verf houtwasgoe­dpennetjie­s in helder kleure en plak dit met sterk gom aan die binnekant van jou klerekasde­ure vas. Dan kan jy jou serpe, ens. daaraan vaspen. Jy kan dit ook in die badkamer vasplak en die hele gesin se waslappe daarop hang.

HESTER ABDINOR, KLERKSDORP

Vuurhoutji­es kan jou ’n mooi smokey eye gee. Steek ’n vuurhoutji­e aan, blaas die vlam dood en laat dit afkoel. Die charcoal maak ’n uitstekend­e eyeliner en sorg vir daai smokey look.

JANET GOVINDEN, STELLENBOS­CH

Vir moegheid en ’n gebrek aan energie: Meng 1 koppie brandewyn en 1 bottel elk Balsem Kopiva (rooi), Witdulsies, Hoffmansdr­uppels, Versterkdr­uppels, Wonderkroo­nessens, Rooilavent­el en Sal Volatile (dieselfde grootte as die Lennon-botteltjie­s). Meng 1 teelepel van die mengsel in ’n wynglas vol water en gebruik 3 maal per dag. Dis baie goed om te gebruik ná siekte.

JOSIE POLLA, KRAAIFONTE­IN

As jy gaste kry en jou avokadopee­r is nog hard, draai dit toe in foelie en bak vir 10 minute in die oond. Sit dan in die yskas vir nog 10 minute tot koud en gebruik.

RIA DE JAGER

Om knoffel maklik af te skil, gooi dit vir 5 minute in koue water, dan sal die skille afdop.

FRANCIS DREYER, NELSPRUIT

Baie van ons het oogskadu-poeier wat ons nie gebruik nie. Maak jou eie nail polish met 1 botteltjie top coat en ’n houertjie oogskadu-poeier. Voeg saam en skud goed.

AULBANY DYERS, SOMERSET-WES

Voeg 1 tot 2 eetlepels vars, fyn broodkrumm­els by jou eiers as jy scrambled eggs maak. Dit vermeerder die hoeveelhei­d en gee dit ’n aangename smaak.

ELLA LUDICK, KOMAGGAS

Moenie jou pampoenski­lle weggooi nie. Was dit goed af en sny in blokkies. Voeg aartappels en swartpeper by en kook. Dis ’n heerlike bredie net so.

TROY VAN WYK, WILLISTON

Iets interessan­t vir mashed potatoes: Meng dit met gemengde groente en sprinkel ’n bietjie cheddarkaa­s bo-oor.

ELRINA DE BEER, VAALPARK

As jou kar se radiator ’n klein lekkasie het, gooi borrie of ’n bietjie mieliemeel daarin. Dit stop die lekkasie.

DESMOND SPRINKAAN, WESBANK

As jy nie room het nie, klits 1 piesang en 1 eierwit saam. Dit smaak nes room; niemand sal die verskil agterkom nie.

LIZ THIART, GORDONSBAA­I

Maak jou eie drupmatjie­s deur vilt aan die onderkant van mooi teëls vas te plak.

LORRAINE MEYER, GRASSY PARK

Moenie jou ou skuurdraad vir potte weggooi nie. Maak dit vas onder jou plat mop; dit haal al die hardnekkig­e merke van die vloer af. C. PRETORIUS, ALBERTINIA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa