Kuier

Antwoorde gegee

-

Vir kunstande wat los is, kry jy “pleisters” by Clicks wat jy op jou kunsgebit plak. Dit vorm kussings. Om kunstande vas te laat sit, smeer tandepasta aan die binnekant van die tande. Dit sal ook help dat dit vassit.

LEONORA SNYDERS, PAARL

Vir kunstande wat nie vassit nie, gebruik Super Corega Denture Fixative Cream.

REGINA JONKERS, PRETORIA

Vir ’n seer keel, meng 1 teelepel elk heuning en appelasyn in ’n halwe koppie warm water en drink dit.

GAIL , BLACKHEATH

As jy droë hare het wat sukkel om te groei, gebruik die kondome wat by klinieke te kry is en smeer die olie aan. Dit werk goed vir sulke probleme.

CLARESE, PORT ELIZABETH

As jy lae bloeddruk het, week 8 amandels oornag in water. Haal die“skil”die volgende oggend af, maak dit fyn, kook dit in melk en drink dié mengsel warm.

ASHA PYLMAN, WELKOM

Eet liquorice-lekkers as jy sooibrand het. Ná ’n rukkie sal dit weg wees.

AMINA DAMONSE, STELLENBOS­CH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa