Kuier

Aartappel

-

As jou motor se wipers nie werk nie, smeer aartappel aan die buitekant van jou windscreen. Die reëndruppe­ls sal van die venster afrol.

LIZANDA JAMES, KAAPSTAD

As jou kop pyn, sny en pak aartappels­kywe op jou voorkop en bind dit vas.

ELIZABETH MARCUS

Die oumense het altyd geglo jy moet aartappels in jou regterkant­se sak dra vir artritis. Aartappels help ook vir rustelose bene-sindroom. So, sit gerus drie rou aartappels in jou bed.

ELIZABETH MEYER, BENONI

Vir hoë bloeddruk, rasper rou aartappel en gooi dit in water. Sit dit in die yskas en drink die aartappelw­ater soos nodig.

SHARON GROOTBOOM

Dis die vinnigste manier om van pigmentasi­e op jou vel ontslae te raak. Kap rou aartappel op en smeer dit aan jou gesig. Aartappels het ’n natuurlike bleik-eienskap wat jou vel ligter sal maak en wat vinnig sal klaarspeel met pigmentasi­e.

AUDREY WILLIAMSON

Rou aartappels­kywe kan gebruik word om van donker kolle om jou oë ontslae te raak. Dit help ook vir sonbrand.

GILLIAN ROGERS, KAAPSTAD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa