Kuier

Gered deur sy opstanding

Soos die klip van die graf weggerol word, maak dit weer gebroke harte oop en het ons die voorreg om oor te kan begin.

- saamgestel dEUR lavern maarman

Gebed Almagtige Vader, wanneer ons by ’n sonsopkoms­diens op Paassondag staan, oorval hartseer ons weer. Die dood is so finaal. Baie van ons het al by die oop graf van ’n geliefde gestaan. Die gedagte dat ons daardie dierbare persoon nooit weer sal sien of hoor nie, maak diep seer en laat ’n groot leemte. Wat by die mens onmoontlik is, is vir God moontlik. Hy het opgestaan. Hy het die dood oorwin. Alles het nuut geword. Vader, hoe baie keer besef ons nie dat U gesterf het vir ons, ons sondes vergewe, ons opnuut ’n vaste gees gee en ons skoon was met U bloed. Leer ons ook om anders te kyk na die dood wat ons so kragteloos laat voel. Dankie vir die blye versekerin­g dat U tot in alle ewigheid leef. Amen.

Matteus 28:7 “Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.” Let us renew our trust in God and go forward without fear. Abraham Lincoln Johannes 11:25 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo sal lewe, al sterwe hy ook.” Goodbyes are not forever, or not the end, it simply means I will miss you until we meet again. Quotediary.me

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa