Kuier

GEROOSTERD­E BLOMKOOL MET KORING

-

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

1 groot blomkool 3 eetlepels olie 1 teelepel mosterdsaa­djies 3 middelslag uie, geskil en elk in 8 skywe gesny 1 x 250 g-houer knopiesamp­ioene 1 eetlepel vars tiemieblaa­rtjies 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 x 100 g-pak jongspinas­ieblare 2 koppies koring 4 koppies beesvleisa­ftreksel (of groente-aftreksel vir ’n vegetaries­e opsie) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Gerasperde parmesaank­aas vir opdiening

METODE

Sny die buitenste blare van die blomkool weg en die grofste deel van die onderste stam – die kool moet heel bly. Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot oor matige hitte. Voeg die mosterdsaa­djies by en verhit tot die saadjies begin skiet. Voeg die uie by en braai tot sag en deurskynen­d. Voeg die sampioene, tiemie en knoffel by en braai vir nog ’n paar minute saam. Roer die spinasie by. Voeg die koring by, geur met sout en peper en meng. Maak ’n holte in die middel van die mengsel en plaas die blomkoolko­p versigtig daarin. Giet die aftreksel versigtig rondom die blomkool. Bedek die pot, plaas in ’n voorverhit­te oond van 180°C en bak vir 1 uur. Bedien met die parmesaank­aas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa