Kuier

GRIEKSE LAMSNEK MET SUURLEMOEN EN TIEMIE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

1 kg lamsnek 3 eetlepels vars suurlemoen­sap 1 teelepel droë origanum Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 5 eetlepels olie 1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny 5 eetlepels botter ½ koppie water

METODE

Plaas die vleis in ’n oondrooste­rpan en bedruip met die helfte van die suurlemoen­sap. Sprinkel die origanum bo-oor en geur met sout en peper. Giet die olie oor. Bedek die pan met foelie en plaas in ’n voorverhit­te oond van 150°C vir 1 uur. Haal uit die oond en rangskik die aartappels tussen die vleis. Geur met sout en peper en sprinkel nog origanum en die res van die suurlemoen­sap oor. Stip met die botter. Giet die water in die pan, bedek weer met foelie en bak vir nog 1 uur of totdat die vleis net-net van die been wil afval en die aartappels murgsag is. Bedien met ’n lekker Griekse slaai.

WENK: Jy kan lamsboud ook so gaarmaak. Laat die foelie weg en maak onbedek gaar. Verleng die gaarmaakty­d met ’n ekstra uur by die eerste sessie en wanneer jy die aartappels en dies meer bygevoeg het, verhoog die oondtemper­atuur tot 180°C. Bak dan vir nog 1 – 1½ uur (afhangende van die grootte van jou lamsboud).

Dié gereg klink maar so eenvoudig, maar dis eintlik lekkerder as lamsboud! Karen Hart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa