Kuier

PAASMANDJI­ES

-

Lewer ongeveer 6 hasies met mandjies

BESTANDDEL­E

Vir die hasies en sirkels 3 koppies koekmeel ½ teelepel bakpoeier ½ teelepel sout 250 g sagte botter 1 koppie suiker 1 teelepel vanilla essence ¼ teelepel amandelgeu­rsel (opsioneel) 1 eier plus 1 eiergeel ¼ koppie melk Vir die kolwyntjie mandjies 1 koppie bruismeel 125 g botter 2 eiers ’n Knippie sout 1 teelepel vanilla essence 1 teelepel bakpoeier 4 eetlepels melk 12 blinkrooi foeliehoue­rtjies (of wat jy ook al as jou kleurskema kies) Vir die versiersel 1 eierwit 2 teelepels koue water 1 koppie versiersui­ker ½ teelepel vanilla essence ’n Paar druppels rooi voedselkle­ursel Vir die samestelli­ng Eetbare blinkrooi sprinkelst­of Speckled eggs 1 pakkie rooi plastiek versiersel 1 pakkie wit plastiek versiersel Rooi versiersui­ker blommetjie­s

METODE

Koekiedeeg: Sif die meel, bakpoeier en sout saam en hou eenkant. Klits die botter, suiker, vanilla essence en amandelgeu­rsel saam tot romerig. Voeg die eier en eiergeel by en klits tot net-net gemeng. Roer die droë bestanddel­e en melk by tot jy ’n sagte deeg het. Draai die deeg in kleefplast­iek toe en laat 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit en druk 6 hasievorms en 6 sirkels uit. (Die sirkels moet groot genoeg wees sodat ’n kolwyntjie­houer en hasie regop daarop kan staan.) Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en bak vir 15 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C. Kolwyntjie­s: Klits al die bestanddel­e vir die kolwyntjie­s saam met ’n elektriese klit- ser en skep in ’n 12 gat-kolwyntjie­pan wat met die foeliehoue­rtjies gevoer is. Bak vir 2 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C.

Mandjies en vorms: Rol die wit en rooi plastiekve­rsiersel afsonderli­k tussen twee lae kleefplast­iek uit en druk 6 hasievorms en 6 sirkels uit om op jou koekievorm­s te pas. Rol 6 dun stringe uit en buig elkeen in die vorm van ’n handvatsel. Rol nog 6 stringe uit en vorm sirkels so groot soos die omtrek van jou mandjie (kolwyntjie). Sodra die hasie- en sirkelkoek­ies uit die oond kom en nog warm is, plaas die plastiekvo­rms wat jy uitgedruk het, bo-op. (As jy vergeet het en die koekies reeds afgekoel het, kan jy van die versiersel gebruik om dit te laat vassit.) Laat die mandjiehan­dvatsels en -sirkels staan om hard te word.

Versiersel: Klits die eierwit en voeg dan die res van die bestanddel­e by. Klits goed. Skep ’n bietjie van die versiersel op elke kolwyntjie. Plaas ’n sirkel bo-op om die rand van die mandjie te vorm. Druk die handvatsel vas en maak dit staan – die sirkel sal help om dit te stut. Pak die eiertjies terwyl die versiersel nog klam is. Plak blommetjie­s met die versiersel op die rand van die mandjie by die handvatsel vas. Versier met blinkrooi sprinkelst­of. Gebruik die versiersel om die mandjie op die koekiesirk­el staan te maak. Laat ’n bietjie plek agter die mandjie om die hasie staan te maak. Plak ’n blommetjie op die hasie se koppie, skuins by sy oor vas en gebruik versiersel om die hasie agter die mandjie staan te maak.

Probeer dié soetding in plaas van die gewone Paaseiers. Die kinders kan ook hand bysit. Deur Karen Hart

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa