Kuier

’n fees met varkvleis GEROOSTERD­E VARKROL MET KRUIE

Of jy nou lus is vir ’n varkdis waarmee jy kan uithaal en wys of ’n kleurvolle slaai met sappige varkvleis, hier is die ideale resepte vir jou! Deur Karen Hart Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

1 eetlepel vars roosmarynb­lare, gekap 1 eetlepel vars tiemie, gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 3 gemmerkoek­ies, verkrummel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 ontbeende varkrol van ongeveer 1,2 – 1,4 kg (kan varklende of pork belly wees – vra jou slagter om kepies in die vel te sny) 3 teelepels sout Olie vir smeer 1 koppie droë witwyn 3 uie, in 9 skywe gesny 1 groen appel, met skil en al in skywe gesny Gerasperde skil en sap van 1 lemoen

METODE

Meng die kruie, knoffel en koekiekrum­mels saam in ’n kleinerige mengbak. Geur met sout en peper. Sny die toutjies los van jou varkrol (dis hoe die meeste slagters en supermarkt­e dit verkoop.) Rol dit oop en skep die kruiemengs­el bo-op. Maak mooi gelyk, rol die vleis weer op en bind weer met tou vas. Gebruik jou hande en vryf die sout en olie in die vel van varkrol. Rangskik die uie en appelskywe op die bodem van ’n oondrooste­rpan waarin die varkrol knussies pas. Sprinkel die lemoenskil bo-oor en geur met sout en peper. Giet die wyn bo-oor. Plaas die varkrol bo-op en sit in ’n voorverhit­te oond van 240°C en rooster vir 20 minute. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180°C en bak vir 1½ – 1¾ uur. Hou dop dat die pan nie droog bak nie. Giet nog wyn by, maar wees versigtig en sorg dat geen vloeistof op die vel van die vleis beland nie, slegs onderin die pan. Bedien met rys of gebraaide aartappels en gestoomde groente of ’n lekker koolslaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa