Kuier

VARKFRIKKI­ESLAAI MET PYNAPPEL

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E Vir die frikkadell­e

1 x 200 g pak strepiessp­ek (streaky bacon), in stukkies gesny 1 x 500 g verpakte piekniekha­m (dis in die winkelyska­ste saam met die polonierol­le) 500 g varkmince 2 eiers 1 koppie vars broodkrumm­els 2 eetlepels bruinsuike­r 2 teelepels mosterdpoe­ier Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eetlepels pynappelsa­p

Vir die glanssous

1 koppie pynappelsa­p ½ koppie appelasyn ½ koppie bruinsuike­r 1 eetlepel tamatiesou­s 2 teelepels mosterdpoe­ier ½ teelepel rooipeper 1 teelepel maizena (mielieblom), gemeng met 2 eetlepels koue water

Vir die slaai

Slaaiblare van jou keuse 1 komkommer, in skyfies gesny 1 pynappels, geskil, stronk verwyder en in stukkies gesny 10 – 12 dwergtamat­ies (rosa of kersie), gehalveer

Vir die slaaisous

1 eetlepel Dijon-mosterd 1 eetlepel heuning 3 eetlepels appelasyn 6 eetlepels olie (sonneblom, canola- of olyfolie) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Frikkadell­e: Maak die spek en ham saam fyn in ’n voedselver­werker. Sorg dat dit net-net fyngekap is – moenie ’n puree daarvan maak nie. Plaas dan dié mengsel saam met die res van die bestanddel­e vir die frikkadell­e in ’n mengbak en meng goed met jou hande. Vorm frikkadell­e ongeveer so groot soos tafeltenni­sballetjie­s en pak dit op ’n bakplaat wat liggies met olie gesmeer is. Plaas in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 20 – 30 minute of tot die frikkadell­e gaar is.

Glanssous: Meng al die bestanddel­e, behalwe die maizena, in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Klits die maizena-en-watermengs­el by en laat vir ’n minuut of twee prut. Dompel die frikkadell­e in die sous sodra dit uit die oond kom en laat staan in die sous om heeltemal af te koel.

Slaai: Rangskik die slaaiblare in ’n groot slaaibak en meng met die res van die slaaibesta­nddele.

Slaaisous: Klits al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Rangskik die frikkadell­e bo-op en bedien met heerlike, varsgebakt­e growwebroo­d. WENK: Jy kan die frikkadell­e ook in ’n pan op die stoof gaarmaak.

 ??  ?? Wanneer jy frikkadell­e maak, maak jou hande nat of smeer ’n bietjie olie aan. Dit sal verhoed dat die vleis aan jou hande vassit wanneer jy dit in balletjies rol.
Wanneer jy frikkadell­e maak, maak jou hande nat of smeer ’n bietjie olie aan. Dit sal verhoed dat die vleis aan jou hande vassit wanneer jy dit in balletjies rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa