Kuier

beskerm jou bates

Hoewel jou geliefdes se lewens goud werd is, kan sekuriteit jou sak erg ruk. Maak dus seker van jou tipe veiligheid­sdekking en wat dit in- en uitsluit.

- Deur Maretha Botes en Tarren-Lee Habelgaarn

suid-Afrikaners leef elke dag in vrees vir hul lewens of dat hul geliefdes slagoffers van misdaad sal word. Natuurlik is ons eerste prioriteit persoonlik­e veiligheid, maar dikwels is jou eiendom misdadiger­s se hoofteiken.

Jy hoef net na die nuutste misdaadsta­tistieke vir huisbrake en roof te kyk om te besef hoe nodig dit is om byvoorbeel­d jou huis te beveilig.

Vir sommige mense bestaan hul veiligheid­smaatreëls uit veiligheid­shekke en privaat sekuriteit, maar nie almal het geld daarvoor nie. Almal se omstandigh­ede is ook nie dieselfde nie.

Volgens kapt. Ian Bennett, woordvoerd­er vir die Manenberg-polisiekan­toor in die Wes-Kaap, dien hul polisiekan­toor arm en middelklas-gemeenskap­pe wat met verskillen­de soorte misdade geteister word. Hy sê die inwoners van hierdie gebiede gebruik meestal honde en hul bure as veiligheid­smaatreëls.

“Mense gebruik ook burglar bars, maar hulle bure is van die beste afskrikmid­dels.

In die middelklas-gebiede maak mense gebruik van alarmstels­els, hoë mure en elektriese heinings, sowel as hekke. Maar daar is min bure wat met mekaar praat of mekaar ken. Wanneer jou alarmstels­el afgaan, sal hulle nie altyd uitkyk nie, maar sal eerder wag vir die sekuriteit­smaatskapp­y om uit te kom,”sê Bennett.

“In die arm gemeenskap­pe maak mense baie meer staat op bure en ken almal vir almal. As ’n hond buite blaf, sal almal uitkyk om te sien wat gebeur. Daar sal ook minstens een persoon in die straat woon wat deel van die buurtwag is, maar selfs in hierdie gemeenskap­pe het mense nie meer daardie sterk verhouding nie en dit is iets waaraan almal moet werk. Dit is belangrik om jou bure te ken en vir mekaar om te gee.”

Bennett sê verder mense in die armer gebiede verkies honde wat geraas maak, terwyl mense in die middelklas-woonbuurte geld spandeer op kwaai honde soos pitbulls vir beskerming.

Dit skrik nie altyd ’n skelm af nie, want as hulle jou wil beroof, gaan hulle dit steeds doen. Elise Jafta (43) van Heideveld op die Kaapse Vlakte, sê haar man glo in honde as die beste sekuriteit en sê dit is al wat hy ooit sal nodig hê.

“Ek slaap vas, maar my man sal die kleinste geluid hoor. Hier waar ons bly, help dit nie om jou laaste geld te gebruik vir fancy hekke of elektriese heinings nie, want die tikkoppe gaan dit steel. Maar as jy ’n hond kry, weet mense hulle moenie die kans waag nie, want net een blaf en die hele straat is wakker en as jy gevang word, gaan die hele straat seker maak jy kom nooit weer hier nie,”sê sy.

“Maar nou het die skelms ook slim geword, want twee van ons honde is al vergiftig. Die buurtwag probeer hul bes, maar wanneer daar bendegewel­d of onrus in die gemeenskap is, is dit te gevaarlik om buite rond te loop en mense is dan te bang om naby hulle vensters te wees. Dit is wanneer misdadiger­s die kans waag om jou te besteel.”

glad nie goedkoop

In die arm gebiede soos die Kaapse Vlakte, is daar meer kontakmisd­aad as eiendomdie­fstal. Mense wat in hierdie gebiede woon, het nie altyd geld vir privaat sekuriteit nie. Daar is ook min maatskappy­e wat bereid is om hul werknemers in gevaar te stel om privaat sekuriteit in gebiede soos Manenberg of Hanover Park aan te bied.

Volgens Lynn Bennett, woordvoerd­er vir Chubb-sekuriteit, het hulle sekere geografies­e gebiede wat hulle dien.“Sommige gebiede is te gevaarlik en hoewel ons vir ons kliënte omgee, moet ons ook aan ons werknemers se veiligheid dink,”sê sy.

Maar as jy goeie sekuriteit kan bekostig, kom dit nie goedkoop nie en is dit iets wat goeie beplanning verg. En omdat elke ou se omstandigh­ede en behoeftes uniek is, gaan een stelsel nie vir almal werk nie.

Wanneer dit by sekuriteit kom, is goedkoop dikwels duurkoop, meen kenners, én dit kan boonop jou veiligheid en jou lewe in gevaar stel.

Michael Gelant (44) van Pretoria het ’n bloutjie geloop met ’n goedkoop sekuriteit­shek vir sy skuifdeur. Hy het pas by sy nuwe meenthuis ingetrek en die sekuriteit was nie waffers nie. ’n Advertensi­e in ’n gemeenskap­skoerant het sy oog gevang en hy het ’n sekuriteit­shek op special gekoop en dit laat installeer. Die hek het Michael “maar R5 500 gekos”.

Twee maande ná die installasi­e het Michael ’n inbraak gehad. Die nuwe hek is omgebuig en die diewe het die skuifdeur oopgebreek om in te kan kom. Die alarmstels­el se battery was pap en het dus geen sein na die gewapende reaksie-eenheid deurgestuu­r nie. Die diewe het weggekom met Michael se flatscreen TV, ’n DVD-speler en sy mikrogolfo­ond.

“Ek moes weer my huiswerk gaan doen. Ek het besluit op ’n goeie kwaliteith­ek waarvoor ek ’n stewige R11 000 moes opdok. Ek het ook ’n duur les geleer dat ek maar versekerin­g moet kry en dikwels my alarmstels­el moet laat toets. Nou het ek altesaam R16 500 aan ’n hek spandeer,”sê Michael.

Angeline Davids van Vanderbijl­park en haar man, Collin, het onlangs na ’n nuwe sekuriteit­smaatskapp­y oorgeskake­l. Hulle het gevoel die maatskappy wat hulle die afgelope tien jaar lank maandeliks betaal het om hul huis te beveilig, was nie die geld werd nie.“Toe ons eerste alarmstels­el tien jaar gelede geïnstalle­er is, het dit so R12 000 gekos. Die maandeliks­e bedrag wat ons aan die armed response-maatskappy betaal het, was R342 toe ons in Desember gekanselle­er het. Dít het ingesluit drie deurkontak­te, drie buite beams (nou R2 500 elk), een beam by die motorhek, twee binne-ogies, drie panic buttons (teen die mure), twee panic remotes, die radio, kontrolepa­neel en keypad. Dié kontrak was by ’n groot, landwye maatskappy,” vertel Angeline.

“Ons het egter ’n paar probleme gehad, soos dat die alarm eintlik die meeste van die tyd buite werking was. Die ander probleem (vir ons) was dat die alarm na ’n sentrale inbelsentr­um in Johannesbu­rg bel en dit dus die reaksietyd vertraag het. Ons skuif na ’n kleiner, plaaslike maatskappy het R7 000 gekos. Dit het behels dat die alarmstels­el opgegradee­r word met nuwe ogies, nuwe radio- en kontrolepa­neel, bedrading, keypad, asook ’n spoedbelkn­oppie op die foon. Armed response en monitering kos ons nou R225 ’n maand, en alles werk sover 100% en reaksietyd is super vinnig. Ek voel dus jy moet rondshop om te kyk wat vir jou die beste gaan werk, voordat jy geld spandeer.”

Angeline sê sy voel hulle kon gespaar het deur nié beams buite te installeer nie, want die katte wat oor die muur spring, aktiveer gedurig die alarm en daarom bypass hulle in elk geval die meeste van die tyd liewer die beams.

Waar begin ek?

Craig Tucker, eienaar van HRF Services in Johannesbu­rg, sê daar is baie faktore om te oorweeg wanneer jy jou huis veiliger wil maak.“Dit is nou maar eenmaal so dat hoe meer geld jy spandeer, hoe meer effektief gaan jou hele sisteem wees,”sê hy.

Hy sê ’n vroeë waarskuwin­gstelsel is belangrik. Dit is iets soos ’n elektriese heining of beams in jou tuin wat aan ’n gewapende reaksie-eenheid gekoppel is. Dit, tesame met ’n goeie motorhek (wat anti-lift brackets het) en ’n muur, is die beste begin.

“Jy wil eers jou grense veilig maak. Die ou moet sukkel om by jou eiendom in te kom en daardie eerste gepeuter aan ’n elektriese heining moet reeds jou alarm laat skree en die veiligheid­smaatskapp­y laat uitkom,”sê Craig.

’n beginnerst­elsel?

Vir ’n standaardg­rootte eiendom kan ’n intreevlak elektriese heining jou ongeveer R150 000 uit die sak jaag. Daar is

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa