Kuier

Wenke wat werk

Hier is wenke met eierdoppe, sykouse, geskenksak­kies én raad met foelie.

-

As jy jou hare kleur, dip watte in surgical spirits en maak die areas wat met dye bedek is daarmee skoon. Wees net versigtig vir te naby aan jou oë. Dit werk!

MERLINA MOORE, ELSIESRIVI­ER

Gebruik blink naellak om sykouse wat geskeer het te las. Organza-materiaal werk net so goed om sykouse mee te las.

BARBIE MALGAS, CARNARVON

Moenie jou agurkiebot­tel/potjie weggooi as net die stroop oorgebly het nie. Sny ’n gewone komkommer in repe en gooi dit daarin. Draai goed toe en bêre in die yskas vir wanneer jy dit wil eet. Dit kan sowat ’n week hou.

PENNY BRUINERS, KNYSNA

Hou altyd ’n ou sykous oftewel pantihose in jou kar vir ingeval jou fan belt breek en

gebruik dit dan totdat jy by naaste motoronder­delewinkel kan uitkom.

DELISE OTTO, HONEYDEW RIDGE

As jy granate wil uitdop, sny dit in die middel deur. Hou die een helfte, met gesnyde kant, in jou handpalm. Tik dit dan lekker hard met ’n houtlepel. Die pitte val dan lekker uit.

YVONNE ERASMUS, KIMBERLEY

As jy fudge maak (miskien om te verkoop), giet die warm mengsel in gesmeerde plastiek-ysbakkies om almal dieselfde grootte te verkry.

JEANETTE DE BEER, VREDENDAL

AULBANY DYERS, SOMERSET-WES

Verwyder kers- en krytmerke deur tandepasta daarop te smeer. Gebruik dan ’n sponsie om dit mee af te skraap en vee.

SHARON VAN NIEKERK, KUILSRIVIE­R

As nuwe hout geverf word, wend aan een laag woodprimer as dit droog is en skuur dit liggies. Wend dan een laag undercoat aan en daarna twee lae enamel-verf.

ADAM DRAAI, EERSTERIVI­ER

Moenie houers waarin foelie (foil) of waspapier gekoop is, weggooi nie. Haal die getande metaalstro­kie af, buig dit in allerlei vormpies en gebruik vir koekiedruk­kers (met die getande rand na onder).

HESTER ABDINOR, KLERKSDORP

Vul ’n leë Powerade-botteltjie (die een met die swart tuit) met asyn. Dit sprinkel die asyn makliker oor tjips of geregte.

CINTHY MCLEAN, DINGLETON

As jy las het van voete wat onder brand, plaas koue water in jou voetspa en gooi Staysoft by die water. Week jou voete daarin. Jy sal sommer die veranderin­g voel.

NORMA ADAMS, HOPEFIELD

Hou alle eierdoppe en kap dit fyn. Gooi dit tussen die plante in. Dit dien as goeie plant fertilizer.

SHARON VAN NIEKERK, KUILSRIVIE­R

Ek gebruik my gift bags as oortreksel­s vir die kinders se lees- en/of skoolboeke. Ek hou ook die handvatsel­s aan sodat ek die boek later kan ophang of haak aan ’n spyker.

Hout wat hernu word ná skuurwerk: Vee die stof af met ’n sagte lappie en wend daarna terpentyn met ’n ander lappie aan. ADAM DRAAI, EERSTERIVI­ER

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa