Kuier

ENKELMA'S KÁN DIE MAS OPKOM

As jy as enkelma diep in die skuld is en sukkel om kop bo water te hou, moet jy leer begroot.

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Is jy as enkelma diep in die skuld en sukkel jy om in die basiese behoeftes van jou kinders te voorsien? Is jou finansiële omstandigh­ede só moeilik dat jy gereeld nie weet hoe jy deur die maand gaan kom nie?

Dalk het jy jou werk verloor, dalk is jou salaris net té klein, dalk het die afsterwe van jou kinders se pa jou in ’n finansiële penarie gedompel, of dalk het jy versuim om mooi met jou geld te werk toe jy genoeg gehad het. Ongeag die rede vir jou moeilike omstandigh­ede, dit ís moontlik om al jou skuld af te betaal, dalk ’n ekstra werk te kry en dan ook ’n geldjie te spaar of selfs ryk te word.

Om jou kinders alleen te moet grootmaak en om alleen vir alles te moet opdok, is nie altyd ’n maklike taak nie – veral nie wanneer jy dit as enkelouer, wat finansieël sukkel, moet doen nie.

Ons leef in ’n tyd waarin baie mense moeilike finansiële omstandigh­ede ondervind. Pryse styg, die rand se waarde daal, jou kinders het kos en klere nodig – om nie van skoolbenod­igdhede te praat nie. En wanneer jy as enkelma sukkel om selfs die basiese goed te koop, kan dit tot groot stres lei en ook skuldgevoe­lens tot gevolg hê – veral wanneer jy net die beste vir jou kinders wil gee.

Onthou ook wanneer jy daaraan werk om jou situasie te verbeter, is dit belangrik om positief te bly en op die toekoms te fokus. Weet maar daardie dag gáán aanbreek wanneer jou en jou kinders se omstandigh­ede heeltemal anders gaan lyk.

Wanneer jy finansieel sukkel, maar boonop ook diep in die skuld is, is dit belangrik dat jy goed moet beplan, by ’n streng begroting moet hou en moet doen wat jy kan om jou skuld af te betaal. Dit is ook belangrik om te spaar waar jy kan en om jou kinders by jul begroting te betrek. Indien jou kinders bewus is van wat julle kan bekostig en wat nie, sal hulle minder druk op jou plaas wat die aankoop van onnodige goed betref. Werk ook gerus daaraan om jou kinders vir goeie samewerkin­g te vergoed. In plaas daarvan om uit te eet, is daar baie gesonder etes wat jy self tuis kan voorberei. Oorweeg ook goedkoper of gratis alternatie­we wanneer dit by jou kinders se aktiwiteit­e kom.

Om die beste vir jou kinders te gee, beteken nie noodwendig om hulle alles te gee wat hulle wil hê nie. En verskillen­de ouers se beste vir hul kinders verskil, so waak daarteen om nie jouself met ander ouers te vergelyk nie.

 ??  ?? ’n Boek met raad oor hoe om finansiële uitdagings as ’n enkelma te oorkom deur reg met jou geld te werk en vir jou kinders te sorg, is TheSuccess­fulSingleM­omGetsRich:Take ControlOfY­ourFinance­sAnd YourFuture. Dis geskryf deur Honorée Corder en is...
’n Boek met raad oor hoe om finansiële uitdagings as ’n enkelma te oorkom deur reg met jou geld te werk en vir jou kinders te sorg, is TheSuccess­fulSingleM­omGetsRich:Take ControlOfY­ourFinance­sAnd YourFuture. Dis geskryf deur Honorée Corder en is...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa