Kuier

2017 GEDIGTE KOMPETISIE

As dit nog altyd jou droom was om jou gedig te publiseer, is dit nóú jou kans. Skryf in vir vanjaar se ATKV-gedigtekom­petisie en wen groot!

-

die ATKV-gedigtekom­petisie, in trotse samewerkin­g met Kuier, is ’n gulde geleenthei­d om jou buiging te maak as digter in die grootste Afrikaanse vrouetydsk­rif in die land! As jy jou emosies, ervaring en drome uitleef met woorde, is hierdie gedigtekom­petisie net vir jou. Miskien is jy nie self ’n digter nie en ken jy dalk iemand wat van hierdie geleenthei­d gebruik kan maak – ons deure is wawydoop vir nuwe skryf- en digtalent! Ná verlede jaar se reusesukse­s met die gedigtekom­petisie, soek ons sommer baie meer inskrywing­s, want ons weet die skryftalen­t in Kuier- land is groot en daar is nog veel meer verborge talent daar buite.

Wie kan deelneem?

Alle aspirantdi­gters landwyd kan deelneem aan die kompetisie.

Hoe oud moet jy wees om te kan deelneem?

Daar is twee kategorieë: Junior kategorie: Gr. 8- tot 12-leerders Senior kategorie: Volwassene­s ouer as 18 jaar Onthou, indien jy in die junior kategorie is, moet jy skriftelik­e toestemmin­g kry van jou ouers of voog. Hierdie toestemmin­g moet ook ingestuur word saam met jou gediginskr­ywing. Sonder hierdie skriftelik­e inskrywing kan jy nie deelneem nie en word jy onmiddelli­k gediskwali­fiseer.

Hoe neem jy deel aan die kompetisie?

• As jy aan die kompetisie wil deelneem, kan jy slegs een gedig inskryf.

Die gedig mag nie langer as 14 reëls wees nie. • Die gedig moet slegs in Afrikaans wees. • Dit kan oor enige onderwerp handel, maar mag geen kru (vloek-)taal bevat nie. •

Dit moet jou eie, oorspronkl­ike samestelli­ng wees en nie voorheen elders gepublisee­r wees nie. •

Moenie plagiaat pleeg nie. Dit beteken dat jy bv. nie Daniel Hugo se gedig kan instuur of dele daarvan kan gebruik en inskryf nie.

Wanneer open inskrywing­s?

Inskrywing­s vir die kompetisie het reeds op Vrydag 28 April 2017 geopen.

Wanneer sluit die kompetisie?

Die sluitingsd­atum vir alle inskrywing­s is op Vrydag 30 Junie 2017 stiptelik om 12:00.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa