Kuier

my held, my ouma!

IT'S THE LITTLE THINGS THAT MEAN EVERYTHING

-

McCain Suid-Afrika wil kinders help om hul ma’s te bedank en te waardeer vir alles wat hulle doen en beteken.

Ma’s is die helde in ons alledaagse lewens wat nie altyd die erkenning kry wat hulle verdien nie. Hulle weet altyd presies wat om te doen of te sê om ons beter te laat voel en sal altyd ’n plan beraam om vir ons te sorg.

In baie gesinne is die ma nie noodwendig die persoon wat aan jou geboorte geskenk het nie. ’n Ma kan die moederfigu­ur wees wat altyd daar is: Sy kan ’n suster, ’n tannie of selfs ’n ouma wees.

Dit is die geval vir Lungelwa Mabentsela (13), ’n gr. 8-leerder aan die Sekondêre Skool Zonnebloem Nest in Kaapstad. Die McCain-span se paaie het die eerste keer met hare gekruis by een van haar skool se aktiwiteit­e waar sy ’n opstel oor haar ouma geskryf het. Haar storie het die McCain-span geïnspiree­r en dadelik oortuig dat hulle dié liefdevoll­e, onbaatsugt­ige ouma wou verras.

Ná Lungelwa se ma se afsterwe ’n paar jaar gelede het dit gelyk of Lungelwa en haar boetie aan hul eie lot oorgelaat is, totdat haar ouma, Yoliswa, die rol van hul ma oorgeneem het.“Dit was so ’n skok en ons het regtig nie geweet wat van ons gaan word nie. Ons is so gelukkig om ons ouma te hê. Sy het ons ingeneem en seker gemaak ons het alles wat ons nodig het,”vertel Lungelwa.

Dinge was nie altyd maklik vir dié gesin nie. Yoliswa werk ongeloofli­k hard om vir Lungelwa en haar boetie te sorg en moedig hulle albei aan om hard te werk op skool.“Vir haar is opvoeding baie belangrik. Sy herinner ons gereeld daaraan en maak seker dat ons goed vaar op skool. Sy inspireer my so baie en ek wil net vir haar en my ma trots maak.”

Lungelwa was ongeloofli­k opgewonde toe die McCain-span haar nader en vertel dat hulle haar gaan help om haar ouma te verras. McCain speel ’n leidende rol om ma’s gewaardeer en geliefd te laat voel en dié verrassing is maar een spesiale manier hoe hulle dit doen. Die span het heeldag saam met Lungelwa en haar oom aan die verrassing gewerk. Eers het hul die perfekte ligging gevind – ’n daklokaal met ’n uitsig oor die hele Kaapstad. Die tafel is buite opgestel en die uitsig het die verrassing net soveel meer besonders gemaak. Lungelwa en die McCain-sjef het ook die hele oggend gewerk om haar ouma se gunsteling­gereg voor te berei: Geroosterd­e hoender met McCain Stir Fry-groente en McCain Mashed Potato. Die groot oomblik het eindelik aangebreek en Lungelwa het haar ouma gaan haal. Dié kon nie glo dat dit alles spesiaal vir haar was nie en haar gesigsuitd­rukking was kosbaar.

Maar die verrassing was nie verby nie. McCain het Lungelwa gehelp om ’n unieke bord met ’n spesiale boodskap daarop vir haar ouma te skep. Soos Yoliswa haar kos geëet het, is die boodskap onthul:“Ek is baie lief vir jou, Ouma. Baie dankie vir alles wat jy vir my en my boetie gedoen het.”

“Vandag was ongeloofli­k en ek voel so geliefd en spesiaal,”het Yoliswa gesê. “Dinge was baie moeilik sedert my dogter oorlede is, maar Lungelwa en haar boetie is ware seëninge. Lungelwa het al gesê dat sy my eendag wil trots maak, maar sy doen dit reeds elke dag. Ek weet haar ma is ook trots op haar en dat sy neerkyk op ons met ’n glimlag. Al wat ek kan sê, is baie dankie dat julle dit vir my gedoen het.”

McCain wil jou aanmoedig om ook vir jou ma dankie te sê vir al die klein dingetjies wat sy doen en wat soveel beteken. Dit hoef nie ’n groot gebaar te wees nie. Besoek gerus www.mccainjoys.co.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa