Kuier

noodseine op naels

Jou naels kan soms ’n goeie aanduiding van ’n onderligge­nde siekte wees. Handhaaf dus goeie naelsorg en let op vir enige abnormalit­eite. Deur Rowena Hendricks

- *Skuilnaam

baie mense dink naels is net vir mooi lyk of ’n maklike manier om jou styl op te kikker deur dit mooi te verf met verskillen­de kleure naellak. Maar jou naels is baie meer as net ’n platform vir naelkuns. Glo dit of nie, die kleur, tekstuur en vorm van jou naels kan ’n aanduiding van jou algehele gesondheid wees.

Daarom is naels baie belangrik en moet dit gereeld versorg word om só moontlike tekens, wat jou liggaam vir jou stuur dat iets dalk met jou gesondheid skort, vroeg reeds raak te sien.

’n Kuier- leser van Kaapstad, Marie Kearns* (62), meen die kleinste liggaamsve­randering moet ernstig opgeneem word omdat dit as ’n waarskuwin­gsteken kan dien – veral die tekens op jou naels en vel. Sy vertel haar man, Basil*, het altyd“weird en misvormde, ronde”naels gehad.“Ons het maar net gedink dis hoe dit is en het nooit in ons wildste drome gedink dat sy bleek en rondvormig­e naels op iets ernstig soos lewersiekt­e kon dui nie.”

Marie sê Basil is sowat ses jaar gelede met lewersiekt­e gediagnose­er nadat hy skielik binne ’n kort tydjie ernstig siek geword het.“Omdat hy geglo het hy raak nie oud of siek nie, het hy nooit regtig dokter toe gegaan nie. Maar toe hy onder meer erg begin braak, lusteloos en sleg begin voel het, het ons almal geweet iets is fout en dis ernstig,”sê sy. Basil was weke lank in die hospitaal vir behandelin­g, maar is ’n paar maande later oorlede weens dít en ander mediese komplikasi­es.

Rae Gordon (69) van Somerset-Wes, sê sy het eendag onder meer opgelet die halfmaanvo­rmige witkol op haar naels het groter geword. Sy het dit vreemd gevind en dit aan haar dokter genoem. “Een van ons familiedok­ters het my kort daarna met ’n skildklier­kondisie gediagnose­er en ek het nou ook lyne, oftewel riffels op sommige van my naels,”sê sy.

En van naels byt kan jy Donné Wilson (34) van die Overberg in die Wes-Kaap niks vertel nie. Sy hou vandag steeds ’n botteltjie“bittergoed”in haar huis,“want ons het baie naelbyters in die familie en ek was self een van hulle.

“Toe ek klein was, het ek altyd bors- en asemhaling­sprobleme ondervind, wat (as ek nou terugdink) dalk deur die kieme onder my naels veroorsaak kon word. My ouma en my ma het gereeld my naels met die bittergoed beplak sodat ek nie my naels moet byt nie.”

Hoewel Donné later soos baie ander dié

Deur net na jou naels te kyk en abnormalit­eite in jou naelkleur, vorm en voorkoms op te let, is beslis nie ’n diagnose van enige siekte nie. Sr. Des Hendricks

“slegte gewoonte” ontgroei het, vang sy haarself nog soms met haar vingers in die mond besig om haar naels te byt. “Dit gebeur nog so af en toe, en dis seker maar nou weens werkstres,”sê sy skaam en bieg dat sy vandag oral hand sanitizer saamdra vir die wis en die onwis. Volgens die klinieksus­ter Des Hendricks van die Strand buite Kaapstad, kan jy nie ’n mediese diagnose maak deur slegs na iemand se hande en naels te kyk nie. Sy sê hoewel daar soms tekens is, moet jy eerder ’n dokter gaan raadpleeg as jy bekommerd is en nie jouself of iemand anders probeer“diagnoseer” of bangpraat nie. “Deur net na jou naels te kyk en abnormalit­eite in jou naelkleur, vorm en voorkoms op te let, is beslis nie ’n diagnose van enige siekte nie. Simptome soos bros en verkleurde naels is slegs ’n aanduiding dat iets moontlik kan skort met jou gesondheid en dat jy ’n dokter moet gaan sien, omdat bleek naels byvoorbeel­d wel op anemia (bloedarmoe­de) kan dui. Daarom raai ons byvoorbeel­d altyd vroue aan om nooit naellak te dra tydens doktersbes­oeke nie.” Die volgende verskynsel­s wat op jou naels kan voorkom, dien slegs as riglyne van simptome en tekens van moontlike gesondheid­sprobleme. As jy dus enige van die onderstaan­de tekens op jou naels waarneem, is dit raadsaam om jou dokter of ’n dermatoloo­g (velspesial­is) so gou as moontlik daaroor in te lig en te raadpleeg:

Naels wat verkleur

Naels wat geel, blou of pers verkleur, kan byvoorbeel­d aandui dat daar ’n suurstofte­kort in jou bloed is en dat jou belangriks­te organe soos die hart en longe moontlik nie genoeg suurstof kry nie, wat hul funksies kan belemmer. Naels wat geel verkleur, is ’n kenmerkend­e teken van ’n swam-infeksie en kan moontlik ook dui op ernstiger gesondheid­sprobleme en siektes soos diabetes, longsiekte en psoriase.

As naels bleek, blou of pers verkleur, kan dit moontlik op ’n suurstofte­kort en selfs asemhaling­sprobleme dui. Rook dra egter ook daartoe by dat jou naels verkleur.

Droë en bros naels

Dit kan voorkom by swemmers wat baie tyd in die water deurbring of mense wat baie met skoonmaakm­iddels werk wat die vel op jou hande kan beskadig. Op ’n ernstiger noot kan dit ’n aanduiding van bloedarmoe­de en/of ’n vroeë teken van suikersiek­te (diabetes) of weens ’n oor- of onderaktie­we skildklier wees.

Afgebreekt­e naels

Dit kan moontlik deur slegs ’n swam-infeksie veroorsaak word, algemene verouderin­g of kan dalk net deur die oormatige gebruik van naellak verwyder aar wees. Maar dit kan ook weens skildklier­probleme voorkom. Let dus op vir enige veranderin­gs in die vorm of tekstuur van jou naels. As jy bekommerd is, bespreek die simptome en tekens met jou dokter.

Witkolle op naels

Dis ’n baie algemene verskynsel en kan veroorsaak word deur ’n vitamien- en mineraal-tekort, byvoorbeel­d sink of kalsium, maar kan soms ook deur ’n allergiese reaksie of ou besering van die naelbasis veroorsaak word. Dit kan ook ’n teken van skildklier-of spysverter­ing s probleme wees.

Halfmaan (lunula)

Die wit halfmaanko­l aan die onderkant van die nael (tussen die nael en die vingervel) kan op baie goed dui. ’n Mooi gevormde halfmaan toon goeie gesondheid. Maar as die halfmaanko­l klein is, kan dit gesondheid­sprobleme soos’ n swak immuunstel­sel of slegte spysverter­ing aandui.

’n Bleek halfmaan kan egter’ n aanduiding wees van ernstige gesondheid­sprobleme soos diabetes, yster tekort, ens. En as jy geen halfmaanko­lle op jou naels het nie, kan dit weens ’n swak skildklier veroorsaak word, wat ook kan lei tot depressie, gemoedskom­melinge en hare wat uitdun.

Donker strepe

Let op as jy ’n donker streep in die middel van jou nael het of ontwikkel, want dit kan ’n teken van ’n melanoom (kanker) wees.

Hematoom

Dis wanneer bloed onder jou nael opbou as gevolg van ’n stamp (trauma) – jou vinger het dalk in ’n deur gekom, jy slaan jou vinger raak met ’n hamer of iets swaar val op jou toon. Bloed bou dan gewoonlik onder jou nael op wat swelling en pyn veroorsaak. Dis eintlik onskadelik en die nael sal miskien net afval en ’n nuwe een sal groei. Maar as daar geen trauma op die nael was nie en daar vorm bloed onder jou nael, moet jy dringend ’n dokter daaroor raadpleeg.

Dente en riffels

As jy dente of riffels op ou naels het, kan dit byvoorbeel­d weens ’n swak skildklier of chroniese artritis veroorsaak word.

Daarom beklemtoon sr. Hendricks dat tekens op jou naels soos die bogenoemde slegs as riglyne moet dien en dit geensins ’n diagnose van enige soort siekte of gesondheid­stoestand is nie.

As jy enige van hierdie of ander tekens op jou naels oplet, stel sy voor dat jy so gou moontlik jou huisdokter of dermatoloo­g daaroor raadpleeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa