Kuier

STERRE VOORSPEL

-

bul 21 April – 21 Mei

Doen moeite met jou voorkoms. Goeie maniere sal jou ook ver bring. Hoe mense jou sien, tel baie. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0172)

tweeling 22 Mei – 21 Junie

Doen moeite om meer geld te maak en slim te werk. Gebruik jou talent of stokperdji­e vir ekstra geld. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0173)

kreef 22 Junie – 23 Julie

Jy het ’n natuurlike aanvoeling vir wat voorlê; gebruik dit tot jou voordeel. Só kan jy voorberei vir moeilike tye. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0174)

Leeu 24 Julie – 23 Aug.

Fokus op jou gesin. Nou is die tyd om verhouding­s te bou en ook jou huis op te knap. Laat almal saamwerk om jou blyplek ’n nuwe baadjie te gee. ( DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0175)

maagd 24 Aug. – 23 Sep.

Dis ’n opwindende tyd vir jou. Dalk is daar ’n troue of geboorte op die horison? Familiever­houdings is voordelig. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0176)

weegskaal 24 Sep. – 23 Okt.

Gryp die kans aan om ’n goeie indruk te maak op mense wat invloed het. Doen alles met passie en toewyding. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0177)

Skerpioen 24 Okt. – 22 Nov.

Daar is soveel wat nou in jou guns tel; beraam gerus groot planne. Gunstige geleenthed­e kom oor jou pad. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0178)

boogskutte­r 23 Nov. – 21 Des.

Jy behoort ’n nuwe rigting in te slaan, veral in jou persoonlik­e lewe. Jy het nou die voorsprong. Maak werk van al jou slim planne. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0179)

steenbok 22 Des. – 20 Jan.

Laat die belofte van ’n beter toekoms jou inspireer om jou planne aan te pas. Jaag jou drome na. ( DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0180)

waterdraer 21 Jan. – 19 Feb.

’n Tyd van groei lê voor, veral wat jou werk betref. Werk nou ekstra hard en maak seker ander sien jou raak. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0181)

vis 20 Feb. – 20 Maart

Vra jou beste vriende vir raad. Hulle sal goeie leiding kan gee omdat hulle die groter prentjie kan sien, selfs beter as jy. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0182)

ram 21 Maart – 20 April

Bly weg van ’n vervelige roetine en mense wat die lewe vir jou moeilik maak. Reis sal jou nuwe energie gee, maar dalk is rustyd tuis ook net wat jy nodig het. (DAAGLIKSE STERRE EN DIE LIEFDE: 083 914 0171)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa