Kuier

Begin só:

-

HANTEER DIE DRUK

Jou eerste prioriteit­e is om ’n begroting op te stel waarby jy streng hou en om jou skuld af te betaal. Nog maniere hoe jy die druk kan hanteer, is die volgende:

Onthou om die beste vir jou kinders te gee, beteken nie noodwendig dat jy hulle alles moet gee wat hulle wil hê nie of wat hul vriende het nie.

Spaar elke maand ’n geldjie – selfs al is dit net ’n klein bedraggie. Met ’n ekstra geldjie kan jy die moontlikhe­id oorweeg om verder te studeer – iets wat jou in staat sal stel om jou kwalifikas­ies te verbeter sodat jy ’n beter werk of bevorderin­g kan kry.

Indien die maatskappy waar jy werk geleenthed­e beskikbaar het waar jy verder kan studeer of jou vaardighed­e kan verbeter, moet jy daarvan gebruik maak. Indien sulke moontlikhe­de nie by jou werkplek bestaan nie, kan jy jou werkgewer vra om dit te oorweeg.

As jou kinders groot genoeg is om na hulself te kyk, of indien jy ’n verantwoor­delike vriend of familielid het wat na-ure na jou kinders kan omsien, kan jy dalk ’n ekstra werk probeer kry. Só kan jy ’n ekstra inkomste genereer.

Dalk is daar in jou omgewing iemand wat betroubaar is en jou by ’n wettige skema kan betrek waar jy produkte verkoop en kommissie verdien op dit wat jy verkoop het. Maak seker dit is ’n wettige skema.

Wanneer jy mooi met jou geld werk, doelwitte stel en doen wat nodig is om dit te bereik, kan jy later heeltemal skuldvry wees en selfs ryk word.

Praat gerus met iemand wat reeds die pad geloop het, wat vir jou goeie raad kan gee en jou kan bemoedig wanneer dinge moeilik raak of lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa