Kuier

WINTERSKOO­L:

Matrieks kan hul kennis en vaardighed­e kom slyp

-

Vir matrikulan­te en ouers is die gr.12jaar waarskynli­k die stresvolst­e omdat die belangriks­te voorbereid­ings nie net in ’n matriekafs­keid moet gaan nie, maar ook in die nasionale eindeksame­n.

Ouers kla elke jaar by Kuier dat hul kinders met die matriekwer­k sukkel. Ons het hierdie groot nood raakgesien en besluit om iets vir matrieks in ons gemeenskap­pe te doen.

Ons wil kinders help wat die potensiaal het om eendag suksesvol te wees, maar wat die pad kan byster raak as niemand hulle leiding gee nie.

By Kuier wil ons ons deel doen om sulke kinders deur middel van opvoeding sin s i at i e wete help.

Kuier bied daarom vanjaar ons eerste Winterskoo­l gratis vir 120 matrikulan­te in die Kaapse metropool aan.

Dit vind plaas in die eerste week van die winter skoolvakan­sie–van Maandag 3 Julie tot Vrydag 7 Julie 2017 – by Sarepta Sekondêre Skool in Kuilsrivie­r in die noordelike voorstede van Kaapstad.

WAAROOR GAAN DIT?

Die Kuier Winterskoo­l is ’n bootcamp vir matrieks en die fokus gaan wees om matrieks hul werk te laat hersien en hulle op hoogte te bring van waar hulle moet wees om behoorlik voorbereid te wees vir die eindeksame­n.

Die klasse word in Afrikaans aange- bied en ons gaan fokus op die volgende verpligte vakke: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionel­e Taal, Wiskunde en Wiskundige geletterdh­eid.

Die dag gaan grootliks gewy word aan akademiese hersiening, maar ons bring ook ’n paar celebs in om die matrieks te inspireer.

Die gesoute akteur en wenner van ’n Suid-Afrikaanse Film-en Televisie toekenning( Saf ta ), Abduraghma­an Adams, wat Ian October in die kykNET-sepie Suidooster speel, en Ivor Price, skrywer en media persoonlik­heid, is twee van die bekendes wat hul wyshede met die matrieks gaan deel.

SKRYF SÓ IN

Kuier nooi hiermee ouers, onderwyser­s en matrieks self uit om in te skryf vir ons Winterskoo­l. Ons soek veral na daardie verdienste­like leerders met potensiaal wat net ’n klein hupstoot nodig het. Weens logistieke redes kan ons net ma- trikulante vanuit die Kaapse metropool akkommodee­r en sal nie leerders van elders kan insluit nie. Die Winterskoo­l is gratis, maar suksesvoll­e matrikulan­te moet hul eie vervoer tot by die skool reël of tot by die Kuilsrivie­r-treinstasi­e, waarvandaa­n ons vervoer na die skool en terug tot by die treinstasi­e sal reël.

Om in aanmerking te kom vir die Winterskoo­l, moet jy vir ons kan motiveer hoekom jý of die matrikulan­t wat jy benoem het, die kans verdien om die Winterskoo­l by te woon.

SMS WINTERSKOO­L, die matrikulan­t se naam, skool en jou motivering (m.a.w. hoekom moet jý die kans kry om die Kuier Winterskoo­l by te woon), na 42508 voor Vrydag 26 Mei 2017. Bv: ‘Winterskoo­l, Bianca, Kaap Sekondêr, sy het baie potensiaal, maar het inspirasie nodig’.

Onthou, daar is slegs plek vir 120 matrieks, so skryf vandag nog in. Moenie dié geleenthei­d misloop nie!

 ??  ?? REGS: Skrywer en mediaperso­onlikheid Ivor Price en die Suidooster­akteur Abduraghma­an Adams gaan die matrieks help inspireer.
REGS: Skrywer en mediaperso­onlikheid Ivor Price en die Suidooster­akteur Abduraghma­an Adams gaan die matrieks help inspireer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa