Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Dis regtig asof al die interessan­te mense in hierdie uitgawe sáám een groter storie vir ons verweef. Saam vertel hulle ’n storie van hoe jy sukses kan behaal ten spyte van alles wat teen jou tel. Al is die gebiede waarop hulle uitblink uiteenlope­nd en elkeen se pad na sukses uniek, wys hulle hoeveel potensiaal eintlik in elkeen van ons opgesluit is as jy in jouself glo en bereid is om die harde werk in te sit om jou doelwit te bereik.

Persoonlik het ek die meeste met Alison Tobias-Meintjies (40) van Caledon se storie geïdentifi­seer, want van die stryd teen vet kan jy my maar min vertel. Wat haar egter nog meer besonders maak, is dat sy nou ander vroue wil help om ook oorwinnaar­s teen die stryd teen vet te wees. Julle gaan soveel van ons inspireer om wéér te probeer!

Dan moet matrikulan­te en hul ouers asseblief sommer dadelik na bl. 38 blaai om alles oor ons eerste Kuier Winterskoo­l te lees. Só baie ouers is bekommerd oor hul kinders se toekoms en bang dat hulle die pad sal byster raak. Die kinders het potensiaal of talent, maar kort in baie gevalle net ’n bietjie hulp of aansporing.

Ons het dié nood raakgesien en wil juis daardie kinders probeer help. Die beste nuus is dat die Winterskoo­l heeltemal gratis is, so stuur dadelik vir ons ’n SMS om te sê hoekom jý of jou kind ’n plek moet kry!

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa