Kuier

Antwoorde gegee

-

Krummel 1 koekie kamfer in 250 ml spiritus. Gooi dit in ’n botteltjie en bêre. Smeer dan twee keer per dag dié mengsel met watte aan bunions.

CORRIE STRYDOM, SCHWEIZER-RENEKE

Meng 2 x 12 g-pakkies Tartaric Acid en ’n bietjie Sunlight Liquid in genoeg warm water in die wasbak of ’n kommetjie. Was dan jou kopergoed daarin. Vryf dit droog af met ’n skoon, droë vadoek. Dit sal weer pragtig blink en skoon uitkom.

M. SWARTZ, NABOOMSPRU­IT

As jy van tamatie hou, maar dit nie eet nie omdat dit suur in jou liggaam en pyn van rumatiek of arthritis vererger, eet dit saam met ’n bietjie mayonnaise daaroor.

IRENE GOUWS, CITRUSDAL

Gebruik Dove roll-on tussen die boude om te keer dat dit skaaf. As jy vetrolle

het, smeer ook roll-on tussen die vetrolle en op die heupe. Dit sal heeldag droog bly én lekker vars ruik.

ESTELLE VISAGIE, ELSIESRIVI­ER

As jy ’n jeukplek op jou liggaam of nat sere het, smeer roll-on aan.

COLLEEN HOFFMAN, MITCHELLS PLAIN

Meng 1 koppie asyn, 1teelepel Engelse sout en 1 teelepel skottelgoe­dseep (soos Sunlight) in ’n spuitbotte­l en spuit dit op onkruid en (ongewenste)bossies op die plaveisel en/of grasperk.

M. POTGIETER, VANDERBIJL­PARK

As jou wasmasjien­drom klink of dit gediens moet word, gooi Staysoft direk in die drom en spoel dit met net water. Dis ongeloofli­k hoe die olie in die Staysoft soos vet op die shaft kan vasklou. LILIAN STRYDOM, LANDSDOWNE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa