Kuier

VARKTJOPS MET SAMPIOENE

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E Vir die tjops

2 teelepels paprika 2 teelepels vars gekapte tiemie (of 1 teelepel droë tiemie) 1 teelepel sout 1 teelepel varsgemaal­de swartpeper 6 varklendet­jops 6 repies spek

Vir die sous

2 eetlepels olie 1 eetlepel botter 2 middelslag uie, fyngekap 1 x 250 g sampioene in skyfies gesny 2 teelepel varsgekapt­e tiemie 1 teelepel paprika 1 eetlepel tamatiepas­ta 1 x 340 ml bier Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Meng die paprika, tiemie, sout en peper saam en vryf dit oor die tjops. Braai die spek in ’n pan tot bros en gaar en dreineer op handdoekpa­pier. Hou eenkant. Verhit die olie en botter vir die sous in dieselfde pan met die spekvet en braai die tjops daarin – 3 minute aan elke kant tot alkant mooi goudbruin. Haal uit die pan en hou eenkant. Braai die uie liggies in dieselfde pan tot sag en deurskynen­d (gebruik nog botter en olie indien nodig). Voeg die sampioene, tiemie en paprika by en braai vir ’n paar minute. Meng die tamatiepas­ta met die bier en giet in die pan. Geur met sout en peper na smaak. Laat liggies prut vir ongeveer 10 – 15 minute. Plaas die tjops terug en bedek met die sous. Kook vir 5 – 7 minute tot deurwarm. Skep elke tjop op ’n bord, bedek met sous en rangskik ’n repie spek daarop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa