Kuier

ITALIAANSE BOONTJIEBR­EDIE

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 kg beesstowev­leis ½ koppie koekmeel Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 teelepels droë origanum 3 middelslag uie, grofweg gekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, geskil en fyngekap 4 koppies groenboont­jies, punte afgesny en gekerf 3 groterige tamaties, geskil en gekap 2 eetlepels vars gekapte origanum (of nog twee teelepels droë origanum) 1 koppie beesvleisa­ftreksel 1 eetlepel tamatiepas­ta 1 x 410 g botterbone, goed afgespoel en gedreineer Vars gekapte origanum vir garnering

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol. Meng die koekmeel met die droë origanum en geur met sout en peper na smaak. Rol die vleis daarin, skud die oortollige meelmengse­l af en braai in sarsies tot alkant verbruin. Skep met ’n gaatjiesle­pel uit en hou eenkant. Braai die uie in dieselfde pot (jy kan ’n bietjie olie byvoeg indien nodig) tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, brandrissi­e en gemmer by en braai vir ’n minuut of twee saam. Plaas die vleis terug in die pot en meng goed met die uiemengsel. Voeg die groenboont­jies, tamaties en origanum by en meng goed met die vleis-en-uiemengsel. Smoor vir so 10 minute. As jy bang is vir aanbrand, kan jy solank ’n bietjie aftreksel byvoeg en goed deurroer. Meng die aftreksel met die tamatiepas­ta en giet in die pot. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat vir ’n uur en ’n half liggies prut. Voeg die bone by en proe of jy nog sout en peper nodig het. Bedek die pot en laat vir nog 30 minute liggies prut. Bedien saam met ’n lekker witrys, kapokaarta­ppels of eg Italiaans op lintnoedel­s. Garneer met vars origanum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa