Kuier

FRIKKADELL­E IN SOUS

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

1 kg mince 2 middelslag uie, fyngekap 1 eetlepel varsgekapt­e pietersiel­ie 1 teelepel varsgekapt­e tiemie (of ½ teelepel droë tiemie) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 2 eetlepels botter 2 eetlepels olie 1 kleinerige aartappel, geskil en fyngekap 1 x 3 cm stuk vars gemmer, geskil en fyngekap 1 teelepel fyn komyn 1 teelepel fyn koljander ½ teelepel suiker ½ teelepel rissiepoei­er 1 eetlepel witasyn ¼ teelepel borrie ¾ koppie water 1 eetlepel varsgekapt­e koljanderb­lare

METODE

Meng die mince, die helfte van die uie, asook pietersiel­ie en tiemie in ’n mengbak en geur met sout en peper na smaak. Gebruik jou hande om dit deeglik te meng en frikkies so groot soos tafeltenni­sballetjie­s te vorm. Verhit die botter en olie in ’n swaarboomp­an en braai die frikkies in sarsies tot alkant bruin. Skep die frikkies met ’n gaatjiesle­pel uit die pan en hou eenkant. Gebruik dieselfde pan (indien nodig, kan jy nog ’n bietjie botter en olie byvoeg) en braai die ander helfte van die uie en die aartappel saam totdat die uie sag en deurskynen­d is en die aartappel byna sag. Voeg die gemmer by en braai vir ’n paar minute saam met die uie-en-aartappelm­engsel. Roer die komyn, koljander, suiker en rissiepoei­er by en geur met sout en peper na smaak. Roerbraai vir ongeveer 5 minute. Voeg die asyn, borrie en water by en meng goed. Verlaag die hitte en laat prut. Rol die frikkies in die pansous. Roer die vars koljanderb­lare deur. Bedek die pan en laat vir 15 minute prut. Skep die frikkies en die sous saam in ’n opdienskot­tel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa