Kuier

SELINA SE SOP

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels botter 1 eetlepel olie 1 groot ui, fyngekap 3 groot preie (of 6 kleineres), goed skoongemaa­k en die wit gedeeltes in ringe gesny 3 – 4 koppies aartappels, afgemeet nadat jy dit geskil en in blokkies gesny het 2 wortels, geskraap maar heel gehou Sout en vasgemaald­e swartpeper na smaak 6 – 8 koppies hoender- of groente-aftreksel ’n Bietjie varsgerasp­erde neutmuskaa­t (nutmeg)

METODE

Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol en braai die uie, preie en aartappels liggies daarin oor matige hitte totdat die uie sag en deurskynen­d is. Die geheim van so ’n sop is om die groente ’n hele rukkie só te smoor sodat al daardie wonderlike geure in jou pot losgelaat word nog lank voordat jy die aftreksel byvoeg. Wees net versigtig vir aanbrand. Jy kan solank‘n klein bietjie van die aftreksel by die pot roer om te keer dat dit gebeur. Ná so 15 – 20 minute kan jy die res van die aftreksel byvoeg. Sit die heel wortels ook in die pot en geur met sout en peper na smaak. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat liggies prut vir ongeveer 30 minute. Sny die wortels effens kleiner en verpulp saam met die res van die sop. Jy kan ’n handmenger of ’n voedselver­werker gebruik of, as jy nie een van die twee het nie, die sop deur ’n sif vryf. Plaas die sop terug in die pot, geur met neutmuskaa­t en maak deurwarm voordat jy opskep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa