Kuier

SMOORSNOEK­JAFFELS

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 3 middelslag uie, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, fyngekap ½ kleinerige kopkool, versnipper 1 teelepel bruinsuike­r Sout en varsgemaal­de swartpeper ¼ koppie hoenderaft­reksel 2 x 200 g pakkies gerookte snoek, gevlok en velle en grate verwyder 12 snye brood Botter vir smeer 3 eetlepels fyn appelkoosk­onfyt

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomp­an en braai die uie daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel en brandrissi­e by en braai vir ’n paar minute saam. Roer die kopkool deur en geur met bruinsuike­r, sout en peper. Voeg die aftreksel by en laat prut totdat die kool lekker sag is. Roer die snoek deur en maak deurwarm. Haal die pan van die hitte af en hou eenkant. Smeer die snye brood aan die buitekant met botter en aan die binnekant liggies met die appelkoosk­onfyt. Plaas een sny op die een kant van die jaffelpan, met die botterkant na onder en konfytkant bo en skep 2 – 3 eetlepels van die snoekmengs­el op die sny en bedek met die ander sny, konfytkant na onder. Druk die jaffelpan toe en braai alkant totdat die jaffel mooi goudbruin aan elke kant is. Bedien onmiddelli­k.

WENK: Plaas die snye brood op ’n stuk bakpapier wanneer jy dit met botter en konfyt smeer. Dan gaan niks verlore wanneer jy die sny op sy botterkant moet draai om die konfyt te smeer nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa