Kuier

Huiskok met Koo

Hierdie gunsteling­resepte sal dié winter beslis jou eetlus prikkel en jou hart sommer warmer laat klop.

- DEUR denzel koenana

MAALVLEIS-COTTAGE PIE Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 kg maalvleis 2 eetlepels kookolie 1 ui, gekap 1 groen soetrissie, gekap 2 eetlepels knoffel, gekap 1 eetlepel vars roosmaryn 2 eetlepels tamatiepas­ta (gemeng met 4 lepels suiker) 2 eetlepels BBQ-speserye 6 groot aartappels, geskil en gaar gekook 1 lepel sagte botter Sout en peper na smaak

METODE

Gooi die olie in ’n warm pan op die stoof. Gooi nou die gekapte uie, soetrissie, knoffel, roosmaryn en tamatiepas­ta by met ’n bietjie water en laat kook vir 5 – 7 minute. Voeg die maalvleis en speserye by en laat prut tot die mince gaar is. Geur met sout en peper na smaak. Druk aartappels fyn en voeg die botter by. Gooi die maalvleis-mengsel in ’n bak en bedek met die aartappel-mash. Bak in ’n voorverhit­te oond teen 180°c vir 20 minute.

DIEPGEBRAA­IDE HOENDERBOU­DJIES Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

8 hoenderbou­djies 2 koppies meel 1 teelepel bakpoeier 2 eetlepels paprika 2 eetlepels hoenderspe­serye 1 eetlepels gemengde, droë kruie 3 eiers, geklits 1 beker water 6 naeltjies 4 koppies kookolie Sout en peper na smaak

METODE

Plaas die hoender en water in ’n pot en gooi die naeltjies, sout en peper by. Laat kook vir 10 – 15 minute. Dreineer en laat afkoel op ’n rak. Meng die meel, bakpoeier, paprika, speserye en kruie in ’n sakkie saam. Klits die eiers in ’n bakkie. Rol die hoenderstu­kke een-vir-een in die eier en dan in die meelmengse­l. Gooi die kookolie in ’n pot en braai die hoender daarin tot gaar. Plaas op ’n rak en in die oond vir 10 minute tot goudbruin.

LAEVET- FRUIT COCKTAIL- EN JELLIEJOGU­RT-NAGEREG Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 blik (410 g) KOO Fruit Cocktail Lite 1 blikkie laevet-jogurt 1 blikkie ingedampte melk 2 pakkies lemoen-jellie 2 koppies warm water 1 lepel gelatien

METODE

Meng die jellie en gelatien in ’n bak met warm water, roer goed tot jellie begin stol. Laat staan om deeglik af te koel. Sodra dit afgekoel is, skep die helfte van die jellie onder in die glasies en ’n bietjie fruit cocktail daarin. Plaas in die yskas tot gestol. Meng die jogurt en ingedampte melk met die res van die jellie, gooi oor die gestolde jellie-bakkie in die yskas en laat heeltemal stol. Skep ook vrugte bo-op.

BEESVLEIS-, SAMPIOEN- EN MURGPAMPOE­NTJIE-CASSEROLE Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 kg beesvleis 2 uie, gekap 1 lepel kookolie 2 lepels knoffel, gekap 2 lepels vars gekapte roosmaryn 500 kg sampioene 8 murgpampoe­ntjies 2 koppies beesvleis-aftreksel 1 koppie rooiwyn 1 koppie tamatiepur­ee 1 beker water 4 lepels BBQ-speserye Sout en peper na smaak

METODE

Plaas die olie in ’n pot en gooi die uie, roosmaryn en knoffel daarin. Laat die mengsel prut tot sag en voeg nou die tamatiepur­ee by. Plaas die beesvleis daarin en gooi die speserye booor. Gooi die rooiwyn, aftreksel en die water by en laat kook tot sag en gaar. Geur met sout en peper na smaak. Laastens voeg jy die sampioene en murgpampoe­ntjies by en laat kook vir 10 minute.

MAALVLEIS-EN-BONE-WRAPS Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

4 wraps 1 kg maalvleis 1 blikkie (410 g ) KOO Red Kidney Beans 1 blikkie (410 g ) KOO Sugar Beans 2 lepels olyf- of kookolie 1 rooi brandrissi­e, gekap 1 ui, gekap 1 teelepel knoffel, gekap 1 lepel BBQ-speserye 1 teelepel droë tiemie 2 lepels tamatiepas­ta 4 lepels suiker Sout en peper na smaak

METODE

Gooi die olie in ’n warm pan en voeg die ui, brandrissi­e en knoffel by en braai tot sag. Voeg die tamatiepas­ta en suiker by (en ’n bietjie water indien nodig) en laat kook vir 5 minute. Voeg nou die maalvleis, speserye en tiemie by. Geur met sout en peper na smaak en kook die maalvleis tot gaar. Spoel die bone goed af en dreineer. Gooi dit by die maalvleis en roer deur. Laat dit afkoel. Skep ’n bietjie van die maalvleis-mengsel op elke wrap en vou dit toe. Geniet!

As jy nie van nier- of suikerbone hou nie, gebruik enige ander tipe bone van jou keuse of selfs kekerertji­es in die KOO-reeks. Denzel Koenana

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa