Kuier

VLEI SÓ foute

Almal het probleemar­eas waarmee hulle nie gelukkig is nie. Hier is raad oor hoe om dit beter te laat vertoon!

- Deur Taugheedah Abdullah Jacobs

My maag is my probleem-area en ’n mens dink altyd jy moet dit met oorgroot tops wegsteek. Maar dit is nie die geval nie; dit laat jou nóg groter lyk. IllanaFran­tz

groot borste

As jy rondborsti­g is, kan dit jou baie selfbewus maak. Die oplossing hiervoor is om ’n rok of top te dra wat los bo-oor jou borste hang om te verhoed dat dit die vorm en kurwe uitwys. Sodoende sal die fokus elders op jou liggaam wees of die aandag op jou uitrusting vestig. Maar onthou ook om die regte onderklere te dra!

Geen middel

Moenie bang wees om bont patrone te dra as jy nie ’n dun middel het nie. Jy kan patrone gebruik om die fokus op jou bokant te plaas. Probeer dit dan uitbalanse­er deur ’n gewone item onder te dra. Dra byvoorbeel­d jou bont hemp ingedruk in jou romp, om só jou middel te beklemtoon. Die donker band van die romp dien as “belt” om vir jou ’n middel te skep.

wye heupe

Dis dikwels moeilik om ’n rok te kry wat oor jou heupe pas en steeds jou figuur vlei. Kies eerder een met ’n A-lynsnit sodat daar genoeg ruimte vir beweging is. Jy kan dit afrond met ’n formele baadjie vir die kantoor of ’n aand uit. Die langer panele met die punte voor sal jou ook slanker laat lyk.

FOKUS: maag & bene

As jy ’n vet of ronde maag en kort bene het, is dit belangrik om die regte jeans te kry. Kies jeans met ’n hoë middel wat alles sal inhou en jou maag plat sal laat lyk. Die lengte van die jeans is ook belangrik en moet slegs tot by jou enkels kom. Dít sal jou bene langer en jou middellyf langer en slanker laat vertoon.

FOKUS: heupe

’n Peplum-top begin gewoonlik by die dunste deel van jou middel en skop dan uit oor jou heupe. Dit trek dus die oog afwaarts en balanseer só jou figuur uit. Kies ’n noupassend­e romp daarby wat jou figuur sal vlei.

Jy kan jou maag met jeans of romp met ’n hoë middel of peplumtop verbloem. Dit sal jou selfvertro­ue ’n hupstoot gee. Illana Frantz

FOKUS: middellyf

’n Oorkruisto­p (wrap-top) verbloem gewoonlik jou maag en trek die aandag weg van jou ronde middellyf af. Die vloeiende materiaal van die top sal ook sag oor jou kurwes val.

 ??  ?? Maroenrok, R299,99,Edgars. Oorbelle,R49,99, MRP.Hakskoen, R169,99,MRP.
Maroenrok, R299,99,Edgars. Oorbelle,R49,99, MRP.Hakskoen, R169,99,MRP.
 ??  ?? Geplooide romp, R199,99, The Fix. Gedrukte hemp, R199, Kelso at Edgars. Tan hakskoen, R219, Ackermans. Oorbelle, R29,99, MRP.
Geplooide romp, R199,99, The Fix. Gedrukte hemp, R199, Kelso at Edgars. Tan hakskoen, R219, Ackermans. Oorbelle, R29,99, MRP.
 ??  ?? Tweed rok, R359, Miladys. Swartpak-baadjie, R219,99, MRP. Swart hakskoen, R280, Exact. Halssnoers­tel, R139, Miladys.
Tweed rok, R359, Miladys. Swartpak-baadjie, R219,99, MRP. Swart hakskoen, R280, Exact. Halssnoers­tel, R139, Miladys.
 ??  ?? Jeans, R299,99, The Fix. Donkerblou trui, R399, Miladys. Armbandste­l, R139, Miladys. Tekkie, R899, Hi-Tec.
Jeans, R299,99, The Fix. Donkerblou trui, R399, Miladys. Armbandste­l, R139, Miladys. Tekkie, R899, Hi-Tec.
 ??  ?? Jeans, R179,99, Jet. Oorkruisto­p, R299, Miladys. Oorbelle, R19,99, MRP. Stewel, R360, Exact.
Jeans, R179,99, Jet. Oorkruisto­p, R299, Miladys. Oorbelle, R19,99, MRP. Stewel, R360, Exact.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa