Kuier

Wenke wat werk

Hier is wenke vir hare wat uitval, om van vlieë en vismotte ontslae te raak én raad met aalwyn.

-

As jy nie blatjang het nie, kap ’n ui fyn en meng dit met gelyke dele Worcesters­ous en appelkoosk­onfyt. En siedaar, lekker blatjang! OUMA WEEN, KRUGERSDOR­P Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ’n speld of teelepel in die kastrol met die eier. HANNETJIE VAN ZYL As jou hare baie uitval, verhit ’n bietjie medisinale olyfolie in ’n pot op die stoof vir ongeveer 2 minute op medium hitte. Koel bietjie af en smeer dit op jou kopvel en aan jou hare. Was dit die volgende dag af. Doen dit een keer ’n week vir so 3 maande. JOANNE BATIST, KAAPSTAD As jou kind koorsig is, smeer haar lyfie vol original kasterolie. Die koors sal onmiddelli­k daal. ELMARIE DU PLESSIS, WELKOM Wanneer jy ’n pilchardss­moor maak, meng een teelepel asyn en koeksoda daarin. Dit sal verhoed dat jy later sooibrand kry. MINA STEENKAMP, NUWERUST Om van vlieë ontslae te raak in jou kombuis, vat ’n suurlemoen of ’n lemmetjie en sny dit in die helfte deur en druk dan naeltjies daarin. Plaas dit oral in die kombuis. Dit sal die vlieë weghou. CAROLINE FORTUIN, SWELLENDAM As jy nie Eno of Citro-Soda vir die hol kol op die maag het nie, meng water met asyn en ’n bietjie suiker.

Ek moes eendag baie broodrolle­tjies met net 500 g botter smeer. Ek het dit gesmelt en met ’n kwassie op die rolletjies “geverf”. Ek het toe sowat 100 rolletjies gebotter. Dis ekonomies en jy kom ver uit. ANGELIQUE PRINSLOO, GANSBAAI

Meng ook ’n halwe teelepel koeksoda daarby. Dit werk net so goed. ELLA, KLEINPLASI­E As jy ’n kledingstu­k gouer droog wil hê, gooi ’n droë skoon handdoek saam in die spinner. Die meeste vogtigheid sal in die handdoek vasgevang word. SHARON VAN NIEKERK, KUILSRIVIE­R Om vensters skoon te kry en te laat blink, meng ’n bietjie asyn in ’n spuitbotte­l met water en spuit dit op die vensters. Vee af met ’n lap of koerantpap­ier. ADIELA TAYLOR, MITCHELLS PLAIN Los jou groot, swaar parfuumbot­tel by die huis wanneer jy uitgaan: Week eerder oorstokkie­s in jou parfuum en dra dit oral in plastieksa­kkies saam met jou. Gebruik dit om later in die dag weer parfuum aan te wend. Dis ideaal vir ’n naweek-wegbreek. NICOLE JEFTHAS, BLACKHEATH As jy sukkel om jou juweliersw­are soos hangertjie­s, krale of selfs oorbelle mooi heel en bymekaar te hou, gebruik ’n stuk karton, maak gaatjies daarin en hang jou juweliersw­are daaraan. Hang dit agter jou kamerdeur of binne-in jou klerekas. FOWZIAH CAMPHER, HAWSTON

As jou aartappels te min is en jy kook groenbone, druk dit saam fyn as dit sag is en meng met mayonnaise. NELLIE POST, WITBANK

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa