Kuier

LYK ALTYD GOED VIR JOU MAAT

Jy het gewig aangesit en jy voel nie meer goed nie. Hoe kan jy weer jou maat se oog vang?

- DEUR ANDELINE WILLIAMS-PRETORIUS

Die huwelik is harde werk en as huweliksma­ats het albei partye die verantwoor­delikheid om daaraan te werk. Albei partye het ’n verantwoor­delikheid om te sorg dat jou man of vrou jou steeds aantreklik vind.

In enige huwelik is daar natuurlik tye wanneer ’n maat nie op hul aantreklik­ste lyk of voel nie. Van die redes hiervoor kan insluit siekte, ’n probleem wat groot stres veroorsaak of dalk omdat jy net nie meer omgee nie omdat julle baie probleme in jul huwelik ondervind.

Het jy as vrou oor die jare jou voorkoms verwaarloo­s? Het jy ná die geboorte van jou kinders meer gewig aangesit, in plaas daarvan om die gewig ná die swangerska­p af te skud? Dalk het jou man se oog begin dwaal en het hy jou begin vertel die rede daarvoor is omdat jy jou voorkoms verwaarloo­s?

Dalk dink jy,“ag, hoekom nog probeer?” Jy versorg jou gesin, maar daar gaan dae verby wanneer jy letterlik die heeldag in jou slaapklere of kamerjas deurbring, die een sepie ná die ander kyk, terwyl jy ook nie juis omgee wat jy in jou mond stop nie.

Almal verdien elke nou en dan so ’n afdag, maar wanneer dit té gereeld gebeur, jou voorkoms en selfvertro­ue negatief affekteer en ’n wig tussen jou en jou man indryf, raak dit ’n probleem.

VOEL TELEURGEST­ELD

Dalk was jou vorige pogings om gewig te verloor, onsuksesvo­l en het dit veroorsaak dat jy moed verloor. Jy’s steeds lief vir jou man en daarom breek dit jou hart wanneer dit lyk asof jou gewig hom van jou af wegdryf. Jy’s teleurgest­eld en voel dat jou huwelik slegs op jou lyf gebaseer is. Jy wonder wat van jul huweliksbe­loftes geword het en gee dan nóg minder om.

In plaas daarvan om toe te laat dat jou ego jou lei, is dit belangrik om die groter prentjie te sien. Vra jouself af: “Het ek nodig om gewig te verloor?”Wanneer jou gesondheid op die spel is, is dit belangrik dat jy dit ’n prioriteit maak. Jou reis om gewig te verloor behoort eerstens oor jou gesondheid te gaan. Op dié manier sal jy later minder geneig wees om jou man te verwyt wanneer hy skielik aangetrokk­e is tot die slanker jy. Dit help ook om daaraan te dink dat jy graag vir so lank as moontlik daar sal wil wees vir jou kinders. Versoeking­s is oral, maar jy moet onthou dat daar geen geldige rede (insluitend jou oorgewig) is vir jou man om rond te loop nie. As huweliksma­ats moet julle sáám werk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa