Kuier

Heerlike sopresepte vir die winter wat jou hart én siel sal voed

Niks verdryf die koue vinniger as ’n lekker kragtige koppie sop nie. Dis regte koesterkos en maak sommer die hart ook lekker warm.

-

GEURIGE BOTTERSKOR­SIESOP Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

2 eetlepels botter 2 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 1 wortel, geskraap en in klein blokkies gesny 2 selderysti­ngels, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap Gerasperde skil van een lemoen 8 koppies botterskor­sie (ongeveer 1,2 kg), geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny 3 lourierbla­re (bay leaves) 6 – 8 koppies hoender- of groenteaft­reksel 2 vars tiemietakk­ies (of 1 teelepel gedroog) ’n Handvol varsgekapt­e pietersiel­ie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ½ – 1 koppie room

METODE

Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol. Braai die ui, wortels en seldery daarin totdat dit begin sag word. Voeg die knoffel, rissie en lemoenskil by en braai vir nog ’n minuut of twee. Roer die botterskor­sie by en meng goed met die bestanddel­e in die pot. Voeg die aftreksel, tiemie en lourierbla­re by en geur met sout en peper na smaak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dan so onbedek prut vir ongeveer 20 – 30 minute of totdat die groente sag en gaar is. Haal die tiemietakk­ies en lourierbla­re uit en verpulp die sop. Roer die room deur en maak deurwarm.

WENK: Bedien met ’n skeppie volroom-jogurt.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa