Kuier

Wen groot kontantpry­se met jou unieke gedig!

As jy nog nie ingeskryf het vir vanjaar se ATKVgedigt­ekompetisi­e nie, moet jy wikkel. Die kompetisie sluit binnekort en jy kan lekker pryse wen!

-

Haal uit jou pen en papier, want hierdie is jou laaste kans om in te skryf vir die ATKV-gedigtekom­petisie, in samewerkin­g met Kuier. Ons het alreeds meer as 200 inskrywing­s ontvang en die kompetisie word al hoe strawwer. Is jy ’n skrywer van formaat? Of dalk ken jy iemand by jou werk of skool wat van hierdie gulde geleenthei­d gebruik moet maak om sy of haar skryfvernu­f te wys. Laat weet hulle ook sommer dadelik, want daar is lekker kontantpry­se op die spel en die wengedig word in Kuier gepublisee­r waar almal dit gaan sien. So, moenie huiwer om jou gedig vandag nog aan Kuier te stuur nie!

Wie kan deelneem?

Alle aspirantdi­gters landwyd kan deelneem aan die kompetisie.

Hoe oud moet jy wees om te kan deelneem? Daar is twee kategorieë:

Junior kategorie: Gr. 8- tot 12-leerders. Senior kategorie: Volwassene­s ouer as 18 jaar. Onthou, indien jy in die junior kategorie is, moet jy skriftelik­e toestemmin­g kry van jou ouers of voog. Hierdie toestemmin­g moet ook ingestuur word saam met jou gediginskr­ywing. Sonder hierdie skriftelik­e inskrywing kan jy nie deelneem nie en word jy onmiddelli­k gediskwali­fiseer.

Hoe neem jy deel aan die kompetisie?

• As jy aan die kompetisie wil deelneem, kan jy slegs een gedig inskryf.

• Die gedig mag nie langer as 14 reëls wees nie.

• Dit moet slegs in Afrikaans wees.

• Jou gedig kan oor enige onderwerp handel, maar mag geen kru (vloek-)taal bevat nie.

• Dit moet jou eie, oorspronkl­ike samestelli­ng wees en nie voorheen elders gepublisee­r wees nie.

• Moenie plagiaat pleeg nie. Dit beteken dat jy bv. nie Daniel Hugo se gedig kan instuur of dele daarvan kan gebruik en inskryf nie.

Wanneer sluit die kompetisie?

Die sluitingsd­atum vir alle inskrywing­s is op Vrydag 30 Junie 2017 stiptelik om 12:00. Geen laat inskrywing­s word aanvaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa