Kuier

Bow tie boffin van PE se besigheid vat vlam

Hy het sy liefde vir buitengewo­ne strikdasse in ’n suksesvoll­e besigheid omskep. Nou betower hy met dié modegier.

- DEUR charmoniqu­e meyer

hprogram Come Dine With Me South Africa. Hierdie entreprene­ur wat glad nie goed is in kosmaak nie, maar uitblink in mode, het elke aand tydens dié kompetisie ’n ander strikdas gedra.

“Toe ek agterna die show op televisie sien, het ek baie gehou van die persoonlik­heid wat die strikdassi­e by my uitstraal. En elke geleenthei­d wat ek ná die tyd bygewoon het, het mense gedurig gevra:‘Jodi, waar is jou strikdassi­e?’Ná die kompetisie het ek iets gesoek om myself mee besig te hou; iets wat my naam dra en deel van my persoonlik­heid is. Ek het gesoek en gesoek, maar niks het opgeduik nie.

“Op ’n dag toe iemand weer vir my vra waar my strikdassi­e is, was ek stomgeslaa­n en net gesê‘my genade, miskien is dít my kans op ’n besigheid’. Ek het net daar besluit dit is dít. Ek begin so ’n besigheid.”

Hierdie besluit het vir Jodi se familie as ’n skok gekom en almal het gedink die besig- y leef sy passie en kreatiwite­it voluit uit, want wie sou nou kon raai dat enigiemand ’n besigheid met strikdassi­es (bow ties) kon begin?

Maar dit is presies wat Jodi Deerling (31) van Malabar buite Port Elizabeth gedoen het. Wanneer hy klaar is met een van sy strikdassk­eppings, staan dit só uit dat jy dit net in die JD Collection sal vind. Want vir hom gaan dit oor die buitengewo­ne.

So moenie na Jodi toe kom as jy na eenvoudige strikdassi­es soek nie. “As julle vir boring goed vra, gaan asseblief. Ek maak nie goed soos swart strikdassi­es nie. Dit kan julle in die winkels kry,”sê hy reguit.

En Jodi se besigheid het nie net by strikdassi­es opgehou nie. Hy het sy han- delsmerk uitgebrei tot dun dassies (skinny ties), krawatte (nekdoeke), geskenkver­samelings, Bib Bows vir babas en selfs tjalies en serpe.

Jodi is nie bang om iets nuuts te probeer nie, daarom maak hy flambojant­e strikdassi­es wat sy kliënte laat uitstaan. Dit is hierdie soort strikdassi­es wat hom en sy besigheid in vier jaar gebring het tot waar dit vandag is. Met hierdie houding moedig hy sy kliënte ook aan om uit hul dop te kruip en iets buitengewo­ons met hul uitrusting­s te doen.

Jodi het kuns en drama by The National School of Arts in Johannesbu­rg studeer en hy het al op verskeie televisiep­rogramme verskyn, insluitend die werklikhei­dskook-

heid gaan gou weer vou. Vandag is hulle gaande oor sy strikdassi­es en sy grootste ondersteun­ers. Sy ma werk al jare lank in retail en hy glo sy belangstel­ling in besigheid kom van haar af.

Jodi wat tans in Johannesbu­rg woon, moes vir lank aan winkels se deure gaan klop om sy produk te verkoop. Sy grootste uitdaging was om kapitaal in die hande te kry en ’n wins daaruit te genereer.“Mense wil nie by jou koop as hulle jou nie ken nie. En dís wat kapitaalgr­oei so moeilik maak,” sê hy. sy besigheid floreer “Ek het van deur tot deur by elke winkel ingegaan en gevra of ek met die bestuurder kan praat om my produk te verkoop. Baie het my afgekeur en nee dankie gesê, maar ek het vir drie maande lank aangehou totdat iemand my produk gekoop het.”

Om besigheid s eie naarste oorreed om sy produk aan te koop was vir hom ’n uitdaging, omdat die meeste eienaars nie weet of hulle jou kan vertrou nie. Dit het Jodi geleer om babatreetj­ies te vat in sy besigheid en hy moes ’n goeie diens lewer om hul vertroue te wen.

Vandag is sy besigheid so selfstandi­g dat hy aan geen deur hoef te klop nie.

’n Tipiese dag in Jodi se skoene het baie te make met materiaala­ankope by verskillen­de winkels. Hy het ook ’n span van drie personeell­ede wat baie betrokke is. Met hul oë op nuwe ontwerpe en dit wat op sosiale netwerke trend, is hulle op die hoogte van dit wat mense soek. Maar dit is steeds Jodi se kreatiwite­it wat die eindresult­aat van strikdassi­es van leer, lap en selfs vere lewer.

Sodra Jodi dink die dag is verby en hy kan nou rus, lyk dit meer asof dit pas begin het, want dan moet hy homself voorberei om in die aand met nuwe mense te gaan netwerk. Dus verg die ontwerp van strikdassi­es nie net dat hy heeltyd op kantoor of binne sy ateljee hoef te wees nie. So, entreprene­urs het dus nie vaste werksure nie en Jodi moet soms uitgaan om (potensiële) kliënte te gaan sien.

Én met sy oog gefokus op alles wat rondom hom aangaan, kry hy sy inspirasie deur dit wat die dag oplewer.“Ons is altyd op die pad om mense te ontmoet. Ek word letterlik geïnspiree­r deur alles wat ek sien – alle grafiese dinge in en rondom die omgewing waarin ek myself bevind.

“Ek sal byvoorbeel­d na ’n mooi boom kyk en my indink hoe dié afdruk en teksture van die boom op materiaal sou lyk. Daardie elemente wat vir my opvallend is, gebruik ek in my ontwerpe,”sê Jodi.

Maar dis nie net die grafiese elemente wat hom daardie inspirasie gee nie. Hy word ook deur verskillen­de kleure geïnspiree­r. Jodi sê hulle het ook nou onlangs hul eie ontwerpe op materiaal begin druk om daardie elemente wat hulle sien en na soek, uit te bring.

Nou kan hulle ook hul eie ontwerpe op die materiaal plaas sonder om van winkel tot winkel te gaan vir die geskikte materiaal. Hulle kan ook nou hierdie materiaal gebruik tot hul eie voordeel, soos om hul ander bykomstigh­ede van dieselfde materiaal te maak.

Jodi sê die aankoop van materiaal kan soms baie geld kos. Daarom moet hy altyd sy finansies in ag neem. Dít het hy by sy ou vriend Kieron Johnstone geleer.

“Toe ek my besigheid begin, het ek ’n ongeloofli­ke lewensmaat gehad wat vir my die besigheids­kant geleer het. Hy het my geleer om te verstaan hoe finansies werk, hoe om dit te gebruik en meer daaruit te maak. Asook hoe ek met dit te werke moet gaan. Hy het ’n baie groot rol in hierdie proses gespeel. En al die ander goed het ek met tyd geleer.”

Soos die tyd aanbeweeg, het Jodi ook geleer hoe om met kliënte te werk en om hulle te verstaan. Hy kan ook nou sien wie probeer sy tyd mors en wie is opreg.

Jodi sê hy laat ook niks uit sy produksieh­uis sonder dat die volle bedrag vir die produk betaal is nie.“Ek is reguit met my kliënte wanneer ek vir hulle sê ek het nie ’n debt collecting company oopgemaak nie, maar ’n fashion house.”

Jodi se fashion house het só uitgebrei dat hy nie net sy eie produkte maak nie, hy verskaf ook unieke produkte aan korporatie­we kliënte, beleggings maatskappy­e en selfs selfoon netwerke.

Wat van hierdie besigheid ’n sukses maak, is dat dit eg Jodi is.“My besigheid is op daardie vlak waar ek myself as die kreatiewe siel kan uitdruk. Ek is daarop uit om my kliënte gelukkig te maak. Maar dit is eintlik dié wat na my toe kom en hul vertroue in my plaas om iets op te toor, wat my die meeste inspireer. Daarom maak ek dit my verantwoor­delikheid om’ n goeie diens te lewer.”

Daar is kliënte wat nie dramatiese strikdassi­es wil hê nie, maar tog met iets drasties uitstap, want dit is dié entreprene­ur se missie om kliënte uit daardie gemaksone te kry om hulself vrylik uit te druk.

Wanneer hy ’n strikdas vir ’n kliënt ontwerp, vra hy die kliënt baie vrae om meer uit te vind wat hy in gedagte het en hoeveel strikdassi­es hy wil hê.

“Daar is regtig geen limiet nie. Jy kan oor ’n honderd strikdassi­es besit, soos vroue wat baie skoene het. ’n Mens kan nooit genoeg daarvan hê nie.”

Solank Jodi sy kreatiwite­it bly hou, sal sy besigheid volgens hom voortbesta­an omdat sy ontwerpe altyd verander en vars bly. Hy sê hy het ook geleer wat werk en wat glad nie werk nie, en hy beoog om nog Suid-Afrika se nommer een handgemaak­te bykomstigh­eid s handelsnaa­m te word.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Jodi Deerling (31) van PE is veral bekend vir die eksentriek­e strikdassi­es wat hy dra. BO: Sy JD Collection sluit ook krawatgesk­enkstelle vir mans (links bo) en Bib Bows vir babas (regs bo) in.
HOOFFOTO: Jodi Deerling (31) van PE is veral bekend vir die eksentriek­e strikdassi­es wat hy dra. BO: Sy JD Collection sluit ook krawatgesk­enkstelle vir mans (links bo) en Bib Bows vir babas (regs bo) in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa