Kuier

Early B mik nou nog hoër ná hy Ghoema wen

Hy het eie inisiatief gebruik om sy musiek wyd en syd te deel. Nou het die bedryf hom raakgesien en ons kan nog groot dinge van hom verwag.

- DEUR Charmoniqu­e Meyer

Dis glad nie maklik om naam te maak in die musiekbedr­yf nie. Dis baie mededingen­d en dan is daar nog die hoë koste verbonde aan opnames wat behoorlik jou sak kan ruk.

Maar niks is onmoontlik nie en as jy slim te werk gaan deur jou musiek vir so min as moontlik met soveel mense moontlik te deel, kan jy sommer baie vermag. En as jy nog soveel houding met ’n unieke vermaaksty­l soos Early B van Bloemendal in Port Elizabeth het, kan jy dit lag-lag doen.

Earl Swartz (28), oftewel Early B, se kletsrym-vermoë (rap) het uit humble beginnings ontstaan. Hy sê hy wou altyd net mense laat lag. Dís presies die gevoel wat jy kry wanneer jy met hom gesels, want elke tweede woord wat hy sê, is nogal snaaks. As kind was hy altyd die een wat die snaaksste wou wees en wou uitstaan, dus kon hy nooit wag vir die Desembersk­oolvakansi­e om sy hare te laat kleur nie. Hy sê hy het agtergekom wanneer hy tussen sy vriende is, verwag hulle altyd dat hy hulle met sy sêgoed moet vermaak. Dís toe dat Early B sy grappige kant ontdek en dit van sêgoed na rap getransfor­meer het. Vandag vermaak hy sy aanhangers met humoristie­se Afrikaanse rap en die bedryf het hom beslis raakgesien.

Twee van sy liedjies“Bene Lam”en “Cerebellum”is vir die onlangse SuidAfrika­anse Ghoema-toekenning­s genomineer en hy het met“Bene Lam”die Ghoema vir die beste hip-hop-liedjie van die jaar ontvang.

“Die gevoel is steeds vir my onbeskryfl­ik. Ek kan dit steeds nie glo nie. Toe ek begin het, was ek baie vol van myself omdat ek geïnspiree­r is deur Muhammad Ali en sy self-belief. My plan was om die beste rapper in Bloemendal te word, maar ek het nooit gedink ek sal hierdie toekenning wen nie.”

sy inspirasie

Early B het teen groot musiekkuns­tenaars wat hom inspireer, soos Hemelbesem vir sy liedjie“Noem my Skollie”, Jerome Rex vir sy liedjie“Fynskrif”en Linkris vir “Game Change Gazi”, meegeding en dié prys voor hulle almal se neuse weggeraap.

Op hoërskool het Early B al gerap oor alles wat rondom hom aangaan.“Ons was ’n groep seuns wat altyd pouse voor die seunstoile­tte gerap het oor dinge wat ons sien. En ons wou graag hê die meisies moet hoor. Dan het ons voor die toilet ’n rapping battle gehou. Amerikaans­e rapping styles was ons ding,”vertel Early B.

Sy rap het hom so opgewonde gemaak dat hy nie kon wag dat die meneer die klas verlaat om sy woorde in ’n rap te herhaal nie.“Sodra die meneer uit is, ontwrig ek gou die klas. Ek was altyd die een wat met die snaaksste rympies vorendag kon kom, veral oor dinge wat die meneer gedoen of kwytgeraak het.”

Hy was ’n paar keer uitgevang, maar het altyd gesorg dat die meneer agterna saam daaroor lag. As Early B iets vir die kuns-en-kultuur-klas moes doen, het hulle al geweet hy gaan rap.

Maar hy wou altyd sy eie ding doen, sy eie“style create”; iets uniek aan Bloemendal. Toe begin hy en ’n groep vriende hul eie liedjies in Afrikaans skryf.“Soos ons ouer geword het, het mense eintlik na

ons begin luister. Toe maak ons die skuif van Engelse Amerikaans­e liedjies na trots Afrikaans. En omdat ons nie geweet het hoe om ons liedjies vir radio te submit nie, vervaardig ons toe wat ons noem die Bluetooth Station, met die Motorola v360-selfoon. Omdat dié selfoon nie meer as drie liedjies op sy built-in memory kon stoor nie, was ons hoofdoel om te sorg dat ten minste een van ons liedjies deel van die drie op mense se selfone uitmaak. Ons het besef as ons dit nie self gaan doen nie, sal niemand dit vir ons doen nie.”

Hoewel baie mense wat reeds in die musiekbedr­yf is nie altyd saamgestem het met hoe hulle dinge doen nie, was die groep se missie om musiek verniet weg te gee vir blootstell­ing en dan hul geld by optredes terug te maak.

“Soos wat die liedjies in die gemeenskap gewild geraak het, het dit ’n demand geword vir ons om op te tree. Ons het ons eie shows gehou en in sale opgetree. Só het ons via Bluetooth naam gemaak,” vertel Early B.

Die groep het selfs die liedjie“Welcome to the Dal”vir hul gemeenskap van Bloemendal geskryf. Maar ongelukkig, soos wat hulle ouer geword het, het elkeen sy eie paadjie gevolg. Tog was musiek nog altyd Early B se ding en hy glo dis hoekom hy steeds in dié bedryf is.

Early B, wat van kleins af op die verhoog opgetree en in ’n Christelik­e familie grootgewor­d het, sê sy ouers het dit baie snaaks gevind toe hy die nuus dat hy ’n rapper wil word, met hulle deel. Hulle het wel op een voorwaarde ingestem en dis dat hy enige kursus van sy keuse voltooi sodat hy iets het om op terug te kon val.

Hy het toe meganiese ingenieurs­wese studeer, sowel as film en produksie by The Media Workshop in PE.“Ek onthou my ma se woorde aan my:‘As jy dit gaan doen, doen dit tot die beste van jou vermoë.’Dit het die deal ge-seal,”sê hy.

“Ek het besluit om alleen aan te gaan en die webtuiste www.earlybmusi­c. com vir myself begin. Hier het ek al my musiek beskikbaar gestel. Só het ek in die bedryf begin groei en besluit om my eie musiek(video’s) ook te skiet.”

Early B is baie gefokus op“doen-ditself”, daarom is sy eerste musiekvide­o vir die liedjie“Leka Djy”, met ’n selfoon verfilm. Dié video het 401 000 views op sosiale media gekry. Hy het besluit om ’n trend met die musiekvide­o te begin en glo elke kans wat hy kry om in die bedryf te groei, is ’n kans vir iemand om saam met hom te groei. Dus gebruik hy opkomende drama-akteurs en dansers in sy musiekvide­o’s.

groot drome

Early B neem die meeste van sy musiek in sy kamer op. En tyd speel ’n belangrike rol. Hy sê wanneer die inspirasie hom beetpak, maak nie saak hoe laat dit is nie, moet hy opstaan. Soms skryf en rap hy tot drie-uur in die oggend.“My mense het altyd vir my gesê ek staan vroeg op om te skree. Ek kon nooit hoor dat ek skree nie, want ek het altyd oorfone in wanneer ek rap. Dit het net ’n tydjie gevat, toe worry hulle nie meer nie.”

Met die liedjie“Bene Lam”, het Early B geleer hoe om geduldig te wees en vir die eerste keer het die rapper homself geniet – vir iemand wat nie kan dans nie, lag hy. Hierdie liedjie is ook by die huis opgeneem en self vervaardig. Hy het toe besluit om die liedjies“Bene Lam”en“Cerebellum”op ’n aanlynprog­ram te laai. En toe wen hy die Ghoema vir“Bene Lam”!

Hy sien ’n baie groot toekoms vir Afrikaanse rap en sê:“Dis uniek, sappig en oorspronkl­ik.”

Die boodskap wat hy deur sy musiek vir jongmense probeer oordra is:“Ken jou waarde.”Hy rap meestal oor verhouding­s en dit wat tussen paartjies gebeur. Daarna skep hy ’n scenario waarmee die luisteraar kan relate, dan rap hy daaroor.

Hy rap nie oor bendegewel­d in sy gemeenskap nie, want hy wil jongmense se gedagtes versit, verduideli­k Early B. Hy sê bendegewel­d het net twee paaie; dit lei na die tronk of na die dood toe.

“Toe ek klein was, het ek altyd gesien hoe ouens met blink kettings en gevaarlike tekkies in die strate loop, maar soos ek grootgewor­d het, het ek geleer waar daardie blink goed vandaan kom en besef dit is glad nie kwaai nie. Ek wil jongmense inspireer om liewer toekenning­s te lig as vuurwapens of messe.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa