Kuier

Benader só jou gay kind

As ma kan jy jou doodbekomm­er oor of die samelewing jou kind aanvaar. En as hy dalk gay is, hoe hanteer jy as ouer dié nuus?

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Ouers bekommer hulle dikwels oor goed soos hul kind se veiligheid, sosiale aanvaardin­g en vermoë om werk te kry. Wanneer daar egter vrae is oor ’n kind se seksualite­it, kan hierdie kommer vererger. Want hoewel jy as ouer dalk nie ’n probleem met homoseksua­liteit het nie, kan die gemeenskap se reaksie soms nie so ontvanklik wees nie. En wanneer jy ook nog nie seker is of jou kind gay is nie, maar dit vermoed, kan dit vir ’n ouer ewe oorweldige­nd wees.

Kenners meen dis omdat sommige ouers ’n verhoogde sensitiwit­eit vir hul kinders se seksualite­it het. En wanneer ouers onseker is oor die regte manier om dit te hanteer, is dit wanneer ouers onbewustel­ik hul kinders begin wegstoot. Dit is hoekom baie kinders ongelukkig vervreem word van hul ouers en dit is dan wanneer mense dikwels te laat besef wat belangrik is, soos hul kind se liefde en welsyn, maar dit maak dit steeds nie maklik nie.

bekommerde ma

Dít is die stryd waardeur een ma nou gaan. Anthea Maarman* (49) is die ma van ’n 19-jarige seun, 16-jarige dogter en 14-jarige seun. Hoewel sy nie heeltemal seker is of haar jongste seun gay is nie, is sy oortuig daarvan dat hy enige dag vir hulle gaan kom sê dat hy wel is. Dit is iets wat Anthea in die aande laat wakker lê en nie omdat sy haar seun minder sal liefhê nie, maar omdat sy weet hoe die samelewing kinders wat as anders beskou word, hanteer. Al is haar familie die belangriks­te ding in haar lewe, is daar talle vrae waarmee sy nou sukkel. Hoe ondersteun sy haar kind en is dit die lewe wat sy vir hom wil hê?

Hierdie bekommerde ma se liefde vir haar kinders is duidelik wanneer sy oor hulle praat. Volgens Anthea is dit ’n natuurlike begeerte vir ouers om hul kinders “normaal”te wil sien grootword, maar haar

ouers het haar van kleintyd af geleer dat almal nie dieselfde is nie. Daar is ’n lang stilte voordat sy sug en in ’n sagte stem vertel – amper of sy skaam is dat iemand haar diepste gedagtes sal hoor – wat haar grootste vrese is. Sy sê ’n ouer se grootste vrees is dat hul kinders seergemaak en deur die samelewing veroordeel sal word.

“Dit is moeilik vir ’n ouer. Ek wil my kind beskerm, maar as ek hom beskerm kan ek hom ook meer seermaak. Ek het altyd playdates met ander kinders beplan sodat hulle kan sosialisee­r. Ons het vir ons seuns trokke en handbollet­jies gekoop. Ons het gedroom van die dag wanneer hulle sal trou en ons kleinkinde­rs gee. Enigiets wat verskil van ons idee van wat hulle‘moet wees’om hierdie idees te bereik, is iets waaraan ek gewoond moet raak,”vertel sy.

Anthea het sekere goed opgelet wat haar laat dink haar seun is gay.“Soms wil ek hom net vra, want ek sien hy hou van meisies se hare doen, hy het meestal meisievrie­nde en het nog nooit ’n meisie huis toe gebring nie. Hy het ook goeie styl en nie een van hierdie goed beteken iemand is gay nie, maar as ’n ma weet jy net en dit alles dra by tot dié wete.“Sommige ouers reageer op elke klein teken dat hul kind gay is, net om hulself te oortuig dat dit nie so is nie. Ek wil nie daardie ouer wees nie. Ek wil graag my kind kan ondersteun en vir hom wys dat ons hom aanvaar en liefhet, maar dit is moeilik en ’n mens is bang jy sê die verkeerde goed. Ek dink ook vrae soos, ‘wat gaan ons vir Ouma vertel?’. Oumense verstaan mos nie altyd nie en ek wil net hê hy moet gelukkig wees.”

Anthea sê haar man wil niks weet nie en sy vrees dat dit haar seun sal wegstoot van hulle af. Haar man het nooit daarvan gehou dat seuns in rokke en hoë hakke moet speel nie, maar sy het nie omgegee dat hulle eksperimen­teer nie. Vir haar was dit deel van grootword.

Die gesin is baie betrokke by die kerk en Anthea vrees ook dat mense daar nie haar seun sal aanvaar nie. Vir haar sal dit makliker wees om te weet wat haar seun se seksualite­it is as om daaroor te wonder.

“Ek het met die Here gepraat en ek was kwaad, want dit is nie die lewe wat ek vir my kind wou gehad het nie. Maar toe begin ek bid en eendag het ek net ’n gevoel van vrede gekry en besef dat hy steeds dieselfde persoon gaan wees. Hy kan steeds trou of kinders hê, dit gaan net nie wees op die manier wat ek gedink het nie. Dit maak dit nie verkeerd nie, al voel baie mense so.“Ek wil net weet sodat ek hom kan ondersteun; ek wil nie hê hy moet voel asof hy alleen is nie. Maar hoe vra jy jou kind en hoe laat jy hulle gemaklik voel as jy self nie heeltemal gemaklik is nie?”sê sy.

“Al wat ek weet, is ek wil nie eendag wakker word in ’n wêreld waar my kind selfmoord as die enigste opsie gesien het nie. Op die oomblik voel dit net asof ek wag vir ’n bom om te bars, maar wanneer hy gereed is, gaan hy ons vertel en dan wil ek gereed wees om hom te aanvaar en lief te hê nes hy is. Ek wil ook vir hom sê dit is oukei en dat dit sy keuse is hoe hy sy lewe wil leef. Ek het nou ophou dink aan wat ander mense dalk sal dink en my kind eerste gestel.”

praat daaroor

Volgens Zamo Mbele, ’n sielkundig­e van Kaapstad, kan die manier waarop ouers teenoor homoseksua­liteit reageer, die verskil in jou kind se besluit wees om jou die waarheid te vertel, as hulle eendag besef en self aanvaar hulle is gay.

“Baie jong seuns wil soos hul mamma aantrek. Hulle vind daardie vreemde skoene interessan­t en pret om in te loop. Mamma se rokke lyk mooi op haar, so hoekom probeer hulle nie saam pret hê nie? Ek het baie foto’s van klein seuns. Sommige seuns het selfs grimering gedra en gevra om hul foto te laat neem. Dit is normale gedrag om te eksperimen­teer. Ons vra nie dieselfde vrae as ’n klein dogtertjie haar gunsteling- blou jeans wil dra of bo-op pappa se skoene staan nie.

“Baie keer vind mense dit makliker om te aanvaar dat ’n meisie gay is en nie ’n seun nie. Ek dink dit het baie te doen met hoe die samelewing emosies by homoseksua­liteit inbring,”meen sy.“Wanneer ’n seun gay is, dink mense hy is vroulik en verwys na hom as ’n moffie, maar nie alle gay seuns is‘vroulik’nie. Sommige seuns is steeds baie manlik en verkies sport bo mode. Dit hang alles van persoonlik­heid af, maar wanneer ’n meisie gay is, word hulle gesien as sterk. Dit is ook makliker vir ’n meisie om as normaal beskou te word omdat min manlik voorkom en dit dan moeiliker is vir mense om hulle te veroordeel. Maar weereens gaan nie alle‘tomboys’gay wees nie. Laat kinders hulself leer ken,”is haar raad.

Zamo sê hoe ouers optree, is baie belangrik.“As dit blyk dat jou kind dalk gay is, kan jou reaksie ’n permanente uitwerking op jou kind hê. As jy hulle behandel asof hulle iets verkeerd gedoen het, sal hulle glo om gay te wees is ook verkeerd. Dit sal nie die feit verander dat jou kind gay is nie, dit sal hulle net keer om met jou daaroor te gesels,”waarsku sy.

Volgens Zamo sal dit nooit die regte tyd wees om met jou kind te gesels oor hul seksualite­it nie. Dis ook nie ’n maklike gesprek om te hê nie, maar meen dit sal makliker wees as ’n kind oud genoeg is om te verstaan.“As jy dink jou kind kan dalk gay wees, maar hulle het nog nie vir jou gesê nie, is die beste tyd om daaroor te gesels wanneer hulle aan die einde van hul skoolloopb­aan is en hulself beter ken. Sommige ouers wat ’n goeie verhouding met hul kind het, sal dalk hul kind wil uitneem en daaroor gesels. Ander wat minder gemaklik is, sal indirek daaroor gesels sodat hulle kind weet hoe hulle voel sonder dat hulle met mekaar daaroor gesels en ander ouers sal verkies om nooit daaroor te praat nie.”

Zamo meen kinders kan self kies om nie vir jou daarvan te vertel nie. Maar belangrik: Dit is nie te sê dat elke seuntjie wat meisies se klere aantrek, in hul ma se hakskoene loop of met meisies se hare speel, gay is nie. Elkeen moet gemaklik in hulle eie vel kan wees en ouers moet dit kan respekteer.

As dit blyk dat jou kind dalk gay is, kan jou reaksie ’n permanente uitwerking op jou kind hê. Zamo Mbele

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa