Kuier

Hallo my Kuier- mense,

-

Ek weet nie van julle nie, maar deesdae is dinge vir my so donker. Die ekonomie is treurig, maar dis ook nie net ’n geld-ding nie. Ja, almal se beursies is deesdae ’n extra small en die sente moet drie keer omgedraai word, maar wat dinge nog moeiliker maak, is dat ’n mens se gemoed ál swaarder weeg met al die donker wolke op die horison. Die politiek lol, die mense is kwaad en maak amok, ons water droog op en om alles te kroon, word onskuldige kinders wreed vermoor. G’n wonder dinge lyk so donker nie.

Maar ’n paar jaar gelede, toe dinge juis vir my persoonlik stikdonker was, het ek van die beste raad by ’n gryse antie gekry. Sy het gesê as dinge donker raak, is dit juis die tyd dat jy moet besig raak en die lig moet begin soek. Ek kan nie meer daai antie se naam onthou nie, maar sy was reg. Die laaste ding wat ons kan bekostig om te doen is om moed op te gee en die donker te laat wen. Ek weet by Kuier sal ek altyd lig kry en ek hoop julle kry ook weer nuwe moed uit ons stories.

Ons Moedersdag funksie was ’n groot ligpunt! Soos julle kan sien, het ek en Raylentia ons behoorlik in die tema ingeleef en ons heeldag lank soos

Kuier- queens gedra. Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa