Kuier

Antwoorde gegee

-

Gebruik tandepasta om aangepakte silwer mee skoon te maak. ANN HALL, ROODEPOORT Vir sonbrand, sit in ’n koue bad water met asyn daarin. Dit sal dit help verlig totdat jy by ’n apteek kan uitkom. Gooi asyn in ’n piering en sit dit langs jou bed neer vir muskiete. MJ VAN DER MERWE, VEREENIGIN­G Om swart merke op teëls in die kombuis skoon te kry, spuit oven cleaner daaraan en laat dit vir sowat ’n halfuur lank staan. Was af met ’n klam lap. RAGMAT ARNOLDS Vir aambeie: Vat ’n groot blik ZamBuksalf en eet ’n mespuntjie daarvan ’n paar keer per dag totdat jy beter voel. As dit te sleg smaak, maak balletjies (pil-grootte), hou dit in die vrieskas en sluk soos ’n pil. HANNA C, BARKLY-OOS Sit ’n kers in jou rys-emmer. Dit sal die miete help weghou. S. BEN, PE As jy loopmaag (diarree) het, eet een teelepel aarbei-jellie net so rou uit die pakkie uit. Dit bind die maag-vloeistof. Drink ’n Panado-pil vir pyn en gaan lê met ’n warmwater-bottel. Dit werk! ZULEIGA BARDAY, KIMBERLEY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa