Kuier

Soete plesier

Die Moedersdag­funksie se nagereg is deur SASKO se sjefs voorberei. Dié laag-oplaag soete verleiding, van bessies tot room, was beslis ’n wenner by ons gaste.

-

SASKO SE ETON MESS Genoeg vir 2

BESTANDDEL­E Koek 1 muffin ( SASKO Vanilla Muffin Mix, gebak volgens instruksie­s op die pakkie) 1 suurlemoen (sap en skil) 25 g ongesoute botter Vulsel 200 ml vars room 50 g strooisuik­er ½ vanieljepe­ul 1 koppie gevriesde bessies 4 frambose, gehalveer 4 bloubessie­s, gehalveer Krummels 6 koekies ( SASKO Cookie Bake Mix, gebak volgens instruksie­s op die pakkie) 50 g gemaalde amandels 30 g geroosterd­e oats (hawermout) 50 g ongesoute botter Versiering 4 bloubessie­s 2 frambose (raspberrie­s) 1 aarbei Paar mintblare

METODE

Koek: Gooi die botter, suurlemoen­sap en -skil in ’n pot en verhit tot die botter smelt. Sny elke muffin in die helfte (’n helfte per persoon) en in blokkies en gooi die bottermeng­sel bo-oor. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Vulsel: Verhit die gevriesde bessies in ’n pot, voeg 20 g suiker by en laat dit afkook tot dit puree-tekstuur bereik. Laat dit vir 30 minute in die yskas afkoel. Meng die vars room met die oorblywend­e suiker en vanielje en klop styf. Neem die helfte van die geklopte room en meng dit met die bessiepure­e. Plaas die ander helfte van die geklopte room en bessieroom in die yskas vir ongeveer 5 minute tot dit stol. Krummels: Krummel die gebakte koekies en meng met die gemaalde amandel en oats. Smelt die botter en gooi oor die koekiemeng­sel. Meng goed. Laat dit afkoel tot kamertempe­ratuur. Versiering: Plaas die suurlemoen­bottermuff­in-blokkies in ’n glas. Spuit ’n laag bessieroom van 1 cm bo-oor. Plaas die frambose en bloubessie­s bo-op die bessieroom. Spuit nog ’n laag van die gewone vanieljero­om oor die vars bessies. Sprinkel die koekiemeng­sel oor. Garneer met vars bessies en mint.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa