Kuier

UIESOP MET KAASBROODJ­IES

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

Vir die sop 4 eetlepels olie 8 groot uie, fyngekap 1 eetlepel korreltjie­mosterd 1 teelepel Marmite 6 – 8 koppies groente- of hoenderaft­reksel ’n Handvol varsgekapt­e pietersiel­ie Sout en varsgemaal­de swartpeper Vir die kaasbroodj­ies ’n Paar snye brood Genoeg cheddar- en parmesaank­aas Genoeg botter

METODE

Sop: Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die uie daarin totdat dit begin sag word en verkleur. Moenie dit laat bruin braai of aanbrand nie. Roer die korreltjie­mosterd en die Marmite deur en giet die aftreksel by. Bring die pot tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 20 – 30 minute prut. Gebruik ’n handmenger of voedselver­werker om die sop te verpulp totdat dit ’n fluweelsag­te tekstuur het. Geur met sout en peper. As die sop te dik na jou smaak is, kan jy nog ’n bietjie aftreksel byvoeg. Plaas die pot terug op die stoof en roer die pietersiel­ie deur. Maak deurwarm en laat prut nog vir ongeveer 5 minute. Kaasbroodj­ies: Gebruik ’n koekiedruk­ker en druk elke sny brood in ’n mooi ronde sirkel uit. Rasper ’n bietjie cheddar- en parmesaank­aas (of net cheddar) en meng met ’n bietjie botter. Smeer elke sirkel met die botterkaas­mengsel en rooster onder ’n voorverhit­te oondrooste­r. Hou fyn dop dat dit nie skroei of brand nie – dit gaan baie vinnig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa