Kuier

GRONDBOONT­JIESOP

Genoeg vir 4 – 6

-

BESTANDDEL­E

Vir die sop 3 eetlepels olie 1 ui, fyngekap 4 stingeluie (spring onion), fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, fyngekap of gerasper 1 eetlepel koekmeel 3 koppies hoenderaft­reksel 3 koppies melk 2 koppies growwe grondboont­jiebotter Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Gerasperde skil van 1 suurlemoen

Vir garnering

1 groot ui, in dun ringetjies gesny Genoeg olie vir diepbraai Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Verhit die olie in ’n kastrol. Braai die ui, stingeluie, knoffel, gemmer en rissie daarin totdat die ui sag en deurskynen­d is. Roer die koekmeel by en roerbraai vir ’n minuut. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Klits die melk, grondboont­jiebotter, sout en peper en suurlemoen­skil by. Kook die sop so onbedek oor lae hitte vir ongeveer 10 minute. Verhit die olie in ’n diep pan of klein kastrol en braai die uieringe in sarsies tot bros en bruin. Skep die sop in bakkies en garneer met die diepgebraa­ide uieringe. WENK: Indien die sop te dik is, voeg nog aftreksel by.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa