Kuier

BONE-EN-GROENTESOP

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 x 400 g blik geskilde en gekapte tamaties met die sous 1 koppie gekerfde groenbone 1 x 400 g blik botterbone, goed afgespoel en gedreineer 1 x 400 g blik rooi nierbone, goed afgespoel en gedreineer 1 x 400 g blik vierboon-mengsel, goed afgespoel en gedreineer 6 – 8 koppies hoender- of groente-aftreksel 1 eetlepel tamatiepas­ta Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 eetlepel varsgekapt­e origanum (of 1 teelepel gedroog)

METODE

Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai ui en knoffel daarin totdat die ui sag en deurskynen­d is.

Voeg die tamatie by en braai vir nog ’n paar minute saam.

Verhit ’n kastrol water met sout en kook die groenbone vir vyf minute in die kokende soutwater. Dreineer die groenbone goed en voeg saam met die verskillen­de soorte gedreineer­de blikbone by die uie-en-tamatiemen­gsel.

Meng die tamatiepas­ta met die aftreksel en voeg by. Geur met sout en peper na smaak en voeg die origanum by. Bring tot kookpunt, bedek die pot en laat vir ongeveer 15 – 20 minute prut. Skep die helfte van die sop uit en verpulp met ’n handmenger. Giet terug in die pot, meng goed en maak deurwarm.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa