Kuier

SPESERYPOE­DING

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

3 eetlepels botter ¼ koppie suiker 1 eier, geklits 1 koppie koekmeel 1½ teelepels bakpoeier ½ teelepel fyn kaneel ½ teelepel gemengde speserye ½ teelepel fyn naeltjies ’n Knippie sout ½ koppie melk

METODE

Klits die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die geklitste eier by. Sif al die droë bestanddel­e saam en voeg alternatie­welik met die melk by die bottermeng­sel. Eindig met die droë bestanddel­e. Verdeel die mengsel tussen 4 ramekins wat goed met botter gesmeer is. Bedek elkeen van die ramekins met ’n stukkie foelie en plaas in ’n oondbak wat met genoeg water gevul is sodat die ramekins halflyf daarin staan. Bak vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C. Skep dit uit die ramekins in poedingbak­kies en bedien met room of vla en geroosterd­e gevlokte amandels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa