Kuier

S. V. Petersen (1914 – 1987)

-

Sydney Vernon Petersen is op 22 Junie 1914 op Riversdal gebore. Hy het sy skoolloopb­aan by ’n Engelse sendingsko­ol op dié dorp begin en in 1926 vertrek hy na Kaapstad waar hy in 1931 sy matriek aan die Hoërskool Trafalgar voltooi. In 1947, ná opleiding en ervaring in die onderwys, word hy die skoolhoof van die Hoërskool Spes Bona in Athlone. Ná 27 jaar tree hy af. Petersen het al op laerskool begin gedigte en prosa skryf en hy kan beskou word as die eerste swart Afrikaanse skrywer. Sy gedigte is sekerlik sy grootste bydrae tot die Afrikaanse letterkund­e. In sy werk kry die bruin mens met sy gevoelens van verset en aanvaardin­g die eerste keer ’n eie stem in die Afrikaanse letterkund­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa