Kuier

Adam Small (1936 – 2016)

-

Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington gebore. Small het grootgewor­d op Goree, ’n plaas net buite Robertson, waar sy pa as skoolhoof gewerk het. Daarna trek hulle na die Kaapse Vlakte waar sy pa as hoof aangestel word by ’n skool in Retreat. Dit is dan hier waar hy vir die eerste keer kennis maak met Kaaps, die spreektaal van die werkerskla­s wat Small later so treffend in sy werk gebruik het. Nadat hy in 1953 sy matriek geslaag het, het hy filosofie aan die Universite­ite van Kaapstad, Londen en Oxford studeer. In 1957 debuteer hy met sy digbundel Verse van liefde. Sy bekendste werk sluit in Kanna hy kô hystoe en in 2012 word die Hertzog-prys aan hom toegeken vir sy bydrae tot Afrikaanse drama. Kanna word deur baie beskou as een van Afrikaans se grootste dramas nog en Adam Small sal vir baie lank as een van Afrikaans se beste skrywers onthou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa