Kuier

Diana Ferrus (1953 –)

-

Diana Ferrus is op 29 Augustus 1953 op Worcester gebore. Sy het haar skooloplei­ding by die Nederduits Gereformee­r desendings­kool begin en het in 1972 aan die Hoërskool Esselenpar­k matrikulee­r. In 1973 het sy verder studeer aan die Universite­it van Wes-Kaapland (UWK), maar die universite­it het in die middel van die jaar weens politieke onrus gesluit. In 1993 kry sy ’n BA-graad met Sosiologie en Bedryfsiel­kunde as hoofvakke en in 1999 voltooi sy haar honneursgr­aad in Vrouestudi­es. Sy het poësie begin skryf toe sy 14 was en haar bekende gedig “Huldeblyk aan Sarah Baartman” speel indirek ‘n rol daarin dat Saartjie Baartman se oorskot teruggebri­ng is na Suid-Afrika. Haar debuutbund­el, Ons Kom Vandaan, wat sy self gepublisee­r het, het in 2006 verskyn. Reeds voor dié bundel het sy al talle werke in verskillen­de versamelin­gs, koerante en tydskrifte die lig laat sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa