Kuier

STATISTIEK­e

-

Volgens die ADHD-ondersteun­ingsgroep van SA (adhasa) het 8% tot 10% van die SA bevolking ADHD.

Dit beïnvloed mense van alle rasse. In Amerika is ADHD by net meer as 9% van die bevolking tussen 4 en 17 jaar oud gediagnose­er.

ADHD affekteer 5% van skoolgaand­e kinders.

ADHD is een van die mees algemene oorerfbare genetiese toestande. Daar is ’n oorerfbaar­heidsyfer van 60% vir ’n kind as ’n ouer dit het, en 70% tot 80% vir ’n tweeling as dit by een van die twee gediagnose­er is.

Die regte medikasie kan ’n kind se probleem met tot 80% verbeter.

Sowat 8% tot 10% van Suid-Afrikaners het ADHD. En dit neem waarskynli­k toe.

Sowat 7 tot 8 uit 10 kinders se toestand verbeter met medikasie. By die klein groepie vir wie pille nie werk nie, word op gedragster­apie gefokus.

Vir elke meisie wat daaraan ly, is daar 3 seuns wat die toestand het, volgens die amptelike syfer. Maar kenners reken dis net so algemeen onder meisies en dat dit bloot nie by hulle gediagnose­er word nie.

Dis in sowat 80% van gevalle oorgeërf en ’n kombinasie van albei ouers se gene, hoewel hulle nie noodwendig klinkklaar ADHD het nie.

Omega 3- en omega 6-aanvulling­s maak ’n verskil in sowat 40% van gevalle.

Dieet-aanpassing­s help in sowat 20% van gevalle in ’n mate.

1/3 kan hul medikasie stop as hulle groot is.

Sowat 75% van kinders met ADHD het leerproble­me. Hulle floreer nie in die huidige onderwysst­elsel nie.

Studies wys kinders met ADHD is meer geneig om:

Vroeg die skool te verlaat (32% tot 40%).

Min of geen vriende te hê nie (50% tot 70%)

By antisosial­e aktiwiteit­e betrokke te raak (40% tot 50%).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa